Pretoria-dieretuin oopgehou deur handjie vol nie-stakende werkers

Pretoria-dieretuin oopgehou deur handjie nie-stakende werkers

Die Nasionale Dieretuin in Pretoria sal oop bly ondanks ’n staking van 120 dieretuinwerkers wat lede van die National Trade Union Congress (NTUC) is. Dit is sowat ’n derde van die werkers.

Die res van die werknemers hou die dieretuin aan die gang.

Craig Allenby, woordvoerder van die dieretuin, sê die dieretuin sal soos gewoonlik oop wees vir besoekers en “daarom is daar geen dringende behoefte aan vrywilligers nie”.

Sondagoggend het lede van die SAPD by die dieretuin opgedaag om stakende werknemers wat die ingang versper het, uiteen te dryf.

“Hulle het nie toestemming gehad ingevolge wetgewing om hier te wees nie,” sê Allenby.

Die werkers het begin staak nadat geskille oor oortydbetaling nie opgelos kon word nie.

Die 120 NTUC-lede het verlede week ’n kennisgewing van voorneme om te staak van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie aan die bestuur oorhandig.

NTUC dring daarop aan dat werkers oortyd betaal word op ’n Saterdag en Sondag.

’n Gesamentlike ooreenkoms is in 2009 deur die nasionale dieretuin-vakbonde gesluit waarin op ’n spesifieke werkrooster van sewe dae besluit is.

NTUC is in Februarie verlede jaar as ’n vakbond geregistreer en was dus nie destyds by die ondertekening van die ooreenkoms betrokke nie.

NTUC wil nou hê dié ooreenkoms moet tersyde gestel word en dat werkers op ’n vyfdagrooster ingedeel word en oortydbetaling moet kry vir ’n Saterdag en Sondag.

Sophonia Machaba, nasionale sekretaris van NTUC, sê die ooreenkoms is voor 2009 gesluit.

Allenby sê egter die dieretuin “kan nie die werknemers se eise nakom nie omdat dit finansieel onbekostigbaar en onprakties is”, maar Machaba sê hulle sal aanhou staak totdat ’n ooreenkoms bereik is.


Betonlamppale kom op in Pretoria om diewe te fnuik

Betonlamppale kom op in Pretoria om diewe te fnuik

Kabeldiewe wat derduisende rande se skade in die stad aangerig het deur lamppale af te saag, die kabels uit te trek en dit dan te verkoop se inkomste gaan drasties afneem.

Dit nadat die Tshwane-metro besluit het om die lamppale, wat aanhoudend in Es’kia Mphahlelerylaan (voorheen DF Malan-rylaan) afgesaag word, met betonpale te vervang.

Volgens Elmarie Linde, raadslid van wyk 54, het die munisipaliteit tot die besef gekom dat dit nie gaan help om elke keer weer gewone lamppale in te sit nie omdat kabeldiewe eenvoudig net weer sal toeslaan.

“Hulle het in Atteridgeville begin met die betonpale en toe gesien hoe uitstekend dit daar werk. Dit is ’n langtermynoplossing wat ook goedkoper uitwerk as die gewone pale,” sê Linde.

Volgens haar het dit sowat R9 500 gekos om ’n gewone lamppaal te vervang as alles ingereken word.

“Die betonpale kos egter tussen R7 000 en R8 000 per paal en spaar ons op die duur baie.”

Sy verduidelik verder dat die betonpale sowat 2 m diep in die grond geplant word en dat daar ook ongeveer 1 m² se beton om die paal gegiet word om dit bestand teen diefstal te maak.

Daar gaan binne die volgende ses weke 74 van hierdie betonpale geplant word.
Volgens Linde hoop hulle om binnekort van hierdie betonligte ook in die Wonderboompoort te hê.

“Dit is verskriklik gevaarlik om in die aande daar te ry omdat die kabeldiewe ook daar toeslaan op die gewone straatlige,” sê Linde.

Die Tshwane-metro se beleid vir openbare deelname bepaal ook dat die inwoners van die wyk eerste keuse moet hê om aan ’n kapitaalprojek in ’n spesifieke wyk te werk.

“Die projek strek ook wyk 54 en ’n gedeelte van wyk een en daarom het ons mense vanuit dié twee wyke gekry om aan die projek te werk. Werkskepping is vir ons ’n prioriteit en dit is wonderlik om te sien hoe hard hierdie inwoners werk,” sê Linde


Centurion-lisensiekantoor gesluit ná rooftog

Centurion-lisensiekantoor gesluit ná rooftog

Die lisensiekantore in Centurion is Woensdag gesluit ná ʼn rooftog Dinsdagaand.

Daar is verskeie rekenaars en kameras tydens die aanval gebuit.
Die Tshwane-metropolisie het in ʼn verklaring gesê die kantore is gesluit om die SAPDmtoe te laat om hul ondersoek ongehinderd uit te voer.

Volgens die metropolisie en die munisipaliteit sal die kantore Donderdag weer oopwees, maar sal daar slegs beperkte dienste aangebied word.

’n Voorlopige ondersoek dui daarop dat rekenaars, eNaTIS-skerms en ander rekenaartoerusting gesteel is.

Sr.supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, het gesê die dienste wat Donderdag beskikbaar sal wees, sluit leerlinglisensies, praktiese toeste vir bestuurslisensies en die afhaal van nuwe lisensiekaarte in.

“Daar sal tot verdere kennisgewing geen lisensiehernuwingsversoeke verwerk word nie. Mense kan in die tussentyd Akasia en
Bronkhorstspruit se lisensiekantore besoek vir dié diens,” het Mahamba gesê.


Nuwe boek werp lig op SA se ryk monumente-erfenis

Boek

Boek

Die bewaring en beskerming van monumente in Suid-Afrika is ’n kwessie wat die burgerregte-organisasie AfriForum na aan die hart lê.

In dié boek is dit duidelik dat Grobler geen moeite ontsien het om by bekende en minder bekende monumente uit te kom nie. Dit vertel van groot geskiedkundige gebeurtenisse en keerpunte in die land se geskiedenis.

Grobler het onder meer gereis op die spoor van die Voortrekker Carel Trichardt deur Mpumalanga en in KwaZulu-Natal het hy die slagvelde van die Anglo-Zoeloeoorlog besoek. In die Vrystaat maak hy ’n draai by die oorblyfsels van twee konsentrasiekampe en in Limpopo kom hy op die Long Tom-oorlogskanon af. Hy werp ook meer lig op monumente wat opgerig is vir mense soos Nelson Mandela, Jan Smuts, Steve Biko en die Portugese ontdekkingsreisigers.

Die boek bevat ook kaarte van elke provinsie in die land en watter monumente waar te vind is.

Hierdie is sonder twyfel ’n boek wat byval sal vind by reisgeesdriftiges sowel as liefhebbers van geskiedenis en erfenis.

Die bekendstelling is Saterdag 8 Julie van 10:30 tot 12:00 by die gemeenskapsaal van die Renaissance Aftreeoord in Faerie Glen, Pretoria.

Belangstellendes wat dit wil bywoon, kan Elize bel by 082 413 3799.

 

 

 

 

The post Nuwe boek werp lig op SA se ryk monumente-erfenis appeared first on Forum Nuus.

Warring Mamelodi communities meet to end violence

Warring Mamelodi communities meet to end violence

Pretoria – A meeting was held between the warring communities of Mahube Valley extension one and their next door neighbours, an informal settlement called Mountain View in a bid to end the violence between them.

The meeting was led by the City of Tshwane.

Last week, battles erupted between the two communities. The violence, which started on Wednesday evening and continued into Thursday, saw several houses and more than 50 shacks petrol bombed.

Clashes broke out after a substation was damaged, allegedly caused by illegal electricity connections by residents of the informal settlement.

Many families from both communities were left destitute and their belongings destroyed in the fires.

MMC for Housing and Human Settlements Mandla Nkomo said the first official meeting with affected residents was held to find a solution to end the violence and find mutual agreement for the impasse faced by the two clashing communities.

“As fellow human beings, we cannot be happy that we are vandalising infrastructure and damaging each other’s properties,” said Nkomo.

“What has happened is unfortunate and should never happen again. That there is a housing backlog does not justify the inhumane way we treat each other, resulting in unnecessary pain.”

Electricity

Nkomo said the informal settlement residents pressed the city for the electrification of their area, but Nkomo was adamant that the city cannot defy the IDP process and MFMA guidelines in providing services.

“We are not here to tell you lies that there will be electricity tomorrow. Equally, the city cannot justify the jumping of queues in providing services.”

The city has also secured a court order, preventing residents from tampering with the resources of the municipality.

On Tuesday, a sense of calm prevailed. Police were no longer in the area and residents of the informal settlement had started to rebuild their homes.

In resolving the stalemate between the two communities, Nkomo announced that the city would conduct an assessment and viability study which will help in providing temporary services to the informal settlement.

The city will also conduct a feasibility study of the future development of the informal settlement and will hold further engagements with residents from Mahube Valley – who live in bond houses.

Last week, City of Tshwane mayor Solly Msimanga suggested that a wall was needed between the two communities. However, Nkomo said a wall had been previously built in Mahube Valley as it was a closed off, gated community.

He said the wall had been erected before the creation of the informal settlement but was allegedly torn down by the informal dwellers.

“When the people invaded the land, they broke down the wall to access infrastructure,” Nkomo told News24.


Pretoria-grondbesetters word verwyder na dringende interdik

Pretoria-grondbesetters word verwyder na dringende interdik

Grondbesetters in Kameelfontein in die noorde van Pretoria, is Woensdag verwyder nadat AfriSake ’n dringende interdik op 23 Junie 2017 in die Noord-Gautengse hoërhof bekom het.

Die Rooimiere, die Cullinan-balju, die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die Tshwane-metropolisie het saamgewerk om uitvoering aan die hofbevel te gee en alle onwettige strukture en grondbesetters te verwyder.

“AfriSake sal aanhou veg vir die beskerming van eiendomsreg in Suid-Afrika. Ons kan nie toekyk dat konstitusionele regte geminag word en geen daadwerklike optrede namens ons lede neem nie. Ons kan nie toelaat dat Suid-Afrika nog ’n Zimbabwe word nie,” het Charles Castle, bestuurder van die arbeidsregsadvieseenheid by AfriSake, gesê.

Castle het gesê politieke retoriek deur radikale partye is grotendeels die oorsaak van hierdie tipe optrede [grondbesetting] en politieke partye moet begin verantwoording doen vir die onverskillige uitlatings wat hulle maak.

As sakeregtewaghond beskerm AfriSake eiendomsreg in Suid-Afrika omdat geen demokratiese bestel sonder die reg op en die sekerheid ten opsigte van eiendomsreg kan bestaan nie.

“Zimbabwe het gewys wat vergrype in terme van eiendomsreg aan ’n land kan doen. Daarom is georganiseerde sakelui en gemeenskappe deurslaggewend vir die voortbestaan van ’n gesonde ekonomie, juis om te verseker dat dít wat in ons buurland plaasgevind het nie ook hier afspeel nie,” het Armand Greyling, regs-en-beleidsanalis by AfriSake, gesê.

Bron: Maroela Media


AfriForum dien strafregtelike klag in teen Gautengse departement van gesondheid

Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag ʼn strafregtelike klag by die Johannesburg Sentraal-polisiestasie ingedien om ondersoek in te stel na ʼn beweerde onregmatige tender van R24 miljoen wat deur die Gautengse departement van gesondheid toegeken is. Foto: Jhua-Nine Wyrley-Birch

Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag ʼn strafregtelike klag by die Johannesburg Sentraal-polisiestasie ingedien om ondersoek in te stel na ʼn beweerde onregmatige tender van R24 miljoen wat deur die Gautengse departement van gesondheid toegeken is. Foto: Jhua-Nine Wyrley-Birch

Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag ʼn strafregtelike klag by die Johannesburg Sentraal-polisiestasie ingedien om ondersoek in te stel na ʼn beweerde onregmatige tender van R24 miljoen wat deur die Gautengse departement van gesondheid toegeken is.

Dié tender om gespesialiseerde mediese toerusting aan die Steve Biko Akademiese Hospitaal in Pretoria te verskaf, is glo toegeken sonder dat die korrekte tenderprosedures gevolg is.

Volgens Morné Mostert, AfriForum se hoof van plaaslikeregering, is daar slegs twee maatskappye wat dié toerusting in Suid-Afrika kan verskaf en beide het ʼn tender ingedien. Een vir R12 miljoen en een vir R24 miljoen.

ʼn Fluitjieblaser het egter dokumente aan die burgerregte-organisasie verskaf met bewyse dat die bod-evalueringskomitee die goedkoper tender onregmatig afgewys het, hoewel dit aan al die nodige vereistes voldoen het.

Boonop is daar ook skriftelike bewyse dat ʼn agent vooraf aangestel en betaal is om vergaderings tussen die duurder tenderaar en die departement te reël.

Omdat die maatskappy van die duurder tenderaar internasionale filiale het, gaan AfriForum ook klagtes indien by die departement van justisie in die VSA ingevolge die Foreign Corrupt Practices Act, asook by die Britse polisiediens Scottland Yard ingevolge die Bribery Act van 2010.

Die Foreign Corrupt Practices Act maak dit onwettig vir maatskappye wat ʼn verbintenis met die VSA het om buitelandse amptenare te beïnvloed met persoonlike betalings of belonings. William J. Jefferson, ʼn voormalige Amerikaanse politikus, dien tans tronkstraf van 13 jaar uit (die langste straf wat ooit aan ʼn kongreslid opgelê is vir omkopery) omdat hy dié wet oortree het deur regerings in Afrika om te koop vir sakedoeleindes.

Die Britse Bribery Act van 2010 word beskryf as een van die strengste anti-korrupsie wetgewing ter wêreld en individue wat dit oortree kan tot tien jaar tronkstraf opgelê word of onbeperkte boetes kry. Die wetgewing het byna ook universele jurisdiksie en maak voorsiening vir die vervolging van enige individue of maatskappye wat verbind word met die Verenigde Koningryk.

“AfriForum beskou enige vorm van bedrog sowel as die verkwisting van belastingbetalers se geld in ’n baie ernstige lig. Ons sal voortgaan om die nodige stappe te doen om te verseker dat geregtigheid geskied,” meen Mostert.

 

The post AfriForum dien strafregtelike klag in teen Gautengse departement van gesondheid appeared first on Forum Nuus.

Kleinfontein an Afrikaner settlement near Pretoria

Kleinfontein an Afrikaner settlement near Pretoria

Pretoria – The petrol station attendant warns me I am going to get killed in Kleinfontein.

“Are you sure you want to go there?” he asks, looking concerned, after I stop to ask him for directions.

According to my GPS, I am five minutes away from the settlement, an Afrikaner cultural community near Bronkhorstspruit.

Yoh my man, the white people are going to kill you there. You are not the right skin colour. They will stop you at the gate and won’t even let you in.

I tell him I am going to see for myself.

As I approach the entrance, I am scared. Large white letters, “Ons God Ons Volk Ons Eie” (Our God Our People Our Own) are affixed to the grey wall next to the boom gate.

What if the petrol attendant was right?

Tense wait

A skinny, mustachioed man wearing camouflage trousers, black boots and a khaki cap, and holding a clipboard and a pen, approaches me after I stop at the boom.

He asks me in Afrikaans who I’m visiting. I identify myself and tell him I wanted to interview some of the locals, as part of a series of stories News24 is doing for the elections.

He looks like he doesn’t believe me and tells me to park my car while he disappears into the guard hut and calls a supervisor on his walkie-talkie.

After a tense, 10-minute wait, an old model silver-grey Mercedes-Benz approaches the gate. An elderly man gets out and walks towards me. He introduces himself as Jan Groenewald, chairperson of the board of directors, and asks if he can help.

I smile and tell him my reason for being there. The soft-spoken and articulate man smiles and invites me to follow him to the raadsaal (boardroom) for coffee.

No racism allowed

“We are the only access-controlled private settlement with rules that explicitly state that anyone who has an interest here may not resort to any form of racism or violence, or attack any religious groups,” he explains.

The community was founded on a farm in 1992 and is still registered as an informal settlement. Efforts are underway to formalise the settlement with the City of Tshwane.

Groenewald explains that when the farm went on the market in 1992, two men took out a loan to buy it for the Afrikaners in the heartland of the old Boer Republic. Two more joined and they found shareholders to help repay back the loan and get the land developed.

In 1994, there were enough shareholders to pay off the loan and begin providing services.

The first two permanent houses were completed in 1996 and two families became the first permanent residents of Kleinfontein.

Groenewald says they want co-operation with the local authorities to bring stability and support growth.

“We believe in unity, just like the ANC – we believe together we can do more,” Groenewald says.

Not an island

“Many people that stay here probably belong to the Freedom Front Plus, but we do not ask our residents which party they belong to or who they are going to vote for. It’s not a condition for living here that you must belong to a certain party.”

Groenewald introduces me to his colleague, Dannie de Beer. The outspoken man with the firm handshake owns several properties, including the building housing the local internet cafe.

Astonished by the friendliness I have encountered so far, I ask him why the petrol attendants said the whites would kill me.

It was considered a racist town until a few years ago, and those assumptions still linger, he says.

Kleinfontein is not an island, De Beer explains. They operate according to South Africa’s laws. Although Kleinfontein has its own security, they call the police when needed.

They collect their own rubbish, buy electricity from Eskom, use borehole water, and have their own bank, which operates like a stokvel.

Asked if he would vote in the upcoming elections, he says an Afrikaner’s vote does not mean much these days.

“I vote on principle to show that I am still an Afrikaner. I do not expect my vote to make a difference,” he says.

‘We are going down’

He gives me a tour of the town in his bakkie. Most of the houses are three-bedroom, face-brick dwellings, the colour of the dusty, untarred roads. Their walls are low enough for an average person to easily step over. There are no electric fences.

At our first stop, I meet Tinka Viljoen. She worked at the local bank before she became a housewife. Standing outside her one-bedroom house, which De Beer built, she points to the nearby cluster of shacks and caravans where she lived for 11 years. Now she pays De Beer R1 200 a month in rent.

Her house smells of frying oil and salty dough. She is making kaaspoffertjies for her husband, a construction worker. I tell her how nice her kaaspoffertjies smell, and she immediately offers me and “Oom Dannie” some. They have no children. She says she is fortunate to have a roof over her head.

“As long as the ANC leads this country, we are going down,” she says.

We leave for our next stop, and eat the kaaspoffertjies in the car. They are still warm and taste like melted cheese. They are delicious.

Etta Pretorius believes God sees everyone as equal. She works as a receptionist at the old age home and has lived in Kleinfontein for four years. She loves the fact that she and her husband can walk everywhere. Before that she lived in Pretoria and Nelspruit. “Everything is nice here. I don’t ever want to leave,” she says.

She is also voting. “We can move forward in this country. Everyone has a future in this country.”

Michiel Ferreira, 88, has been living in the old age home for five years. He worked in Vanderbijlpark before retiring and moving in with his son in Pretoria. His wife died in 2002. He then lived in Krugersdorp until 2009. His children told him he could not live in a flat all by himself, so in 2011, he landed in Kleinfontein.

Pride

“Soos hulle se in Afrikaans, kyk noord en gaan maar voort (As the saying goes, look north and forge ahead),” Ferreira jokes.

De Beer and I continue our tour of the town. We pass the local rugby field. The Kleinfontein rugby and netball teams compete against the white Northern Cape enclave of Orania annually.

“When Orania plays in Kleinfontein, Kleinfontein wins, and when Kleinfontein plays in Orania, Orania wins,” De Beer jokes.

De Beer is waiting at the gate the next day, when I return with video reporter, Lerato Sejake. I introduce her and he compliments her on her beautiful doek.

This time our first stop is the statue of Hendrik Verwoerd and their Paardekraal monument. They got the statue from Midvaal, after the Democratic Alliance-run municipality took it down in 2011, he explains.

During a drive through the koppies, De Beer points out where the trenches to lay the cables to provide Wi-Fi will be dug. They are still raising the money to install it.

On one koppie, we overlook the battlefield of the Battle of Diamond Hill (Donkerhoek), where Boer commandos and British forces clashed on June 11, 1900. Twenty-eight British soldiers and three Boers were killed.

There is pride in his voice as he speaks about the “boere” defeat of the British that day. It is a history lesson he learnt from his father.

As we make our way back through the dusty roads, children are playing on the rugby field. It reminds me of growing up in Middelburg, Eastern Cape, where as a child all I wanted to do was play outside until the street lights came on.

Source: Iavan Piljoos, News24


Boerevolk Politieke Gevangenes nader Grondwethof weens onwettige aanhouding en reg op appèl wat ontneem is

Boeremag

So vroeg as reeds April 2002 is van die Boeremagbeskuldigdes gearresteer.  Op 19 Mei 2002 het die rekord-hofsaak begin, wat vir die volgende meer as elf jaar sou voortduur in die Hooggeregshof te Pretoria.  Die hoofaanklag waarvan 24 manne beskuldig was, is hoogverraad.  Terwyl sommiges borg gekry het, onder uitermatig streng borgvoorwaardes, het elf van die aangeklaagdes vir 11 jaar lank in aanhouding gebly en is borg eenvoudig geweier. 

Almal (behalwe twee wat oorlede is in die tyd van die maraton-hofsaak) is skuldig bevind aan hoogverraad en is verskeie vonnisse opgelê op 28 Oktober 2013.  Die opmerking van regter Eben Jordaan dat hy die 11 jaar wat hulle in aanhouding as deel van hulle vonnisse in berekening gebring het, het bloot lippediens geblyk, nadat hy sommige van die veroordeeldes tot nóg 25 jaar effektiewe tronkstraf opgelê het. Die uitermatige streng borgvoorwaardes waaronder sommiges gebuk gegaan het, blyk ook nie deur Jordaan in berekening gebring te wees, as deel van hul vonnisse, nie.

Die wet vereis dat verlof tot appèl gevra word binne 21 dae nadat vonnisse opgelê is. Die Boeremaglede bevind hulleself die afgelope sowat 4 jaar sedert vonnisoplegging, in ’n sisteem wat effektief hulle grondwetlike reg op appèl ontneem.  Van die manne kon nog nie eers daarin slaag om aansoeke te bring om verlof tot appèl te vra nie.  Almal wat wel daarin kon slaag om verlof tot appèl te vra, moes hul aansoeke weer bring voor regter Jordaan, wat al die aansoeke summier van die hand gewys het.  Die manne wie se aansoeke om verlof tot appèl deur regter Jordaan afgekeur is, beywer hulle intussen om ’n petisie aan die appèlhof te rig, ten einde verlof te verkry om te mag appèlleer, maar slaag nie daarin om so ʼn aansoek te bring nie.  Sommiges se regsverteenwoordigers kom nie uit die blokke uit nie.

Dr. Lets Pretorius en twee van sy seuns, drs. Johan en Wilhelm Pretorius, het ná nagenoeg vier jaar se gesukkel, sonder sukses, besluit om direk ’n petisie aan die regter-president van die Grondwethof, regter Mogoeng-Mogoeng, te rig.  In die petisie voer hulle aan hoe die sisteem hulle reg tot appèl effektief ontneem.

Dit sluit in: hulle aanhoudingsomstandighede wat deur die Departement van Korrektiewe Dienste veroorsaak word, die vertragings en sloerings as gevolg van die wan-administrasie van die Regshulpraad en die howe sélf wat daartoe bydra om die proses onregverdig en onwettig te maak.

unnamed (9)

In hul petisie vra die drie drs. Pretorius dat regter Mogoeng-Mogoeng ’n bevel moet maak dat prof. Hercules Booysen as hul advokaat en mnr. Julian Knight as hul prokureur deur die Regshulpraad as hul regsverteenwoordigers aangestel moet word ten einde die grondwetlikheid van hulle aanhouding aan te veg.  Hulle voer aan dat hulle die grondwetlike reg het om te appèlleer en dat hulle die reg het dat die juridiese proses begin en afgehandel word sonder onredelike en onregverdige vertragings.  Die vertragings van die sisteem ontneem hulle effektief van daardie regte en daarom is hulle verhoor onregverdig.  Om aangehou te word op grond van ’n onregverdige verhoor, maak die aanhouding ongrondwetlik en per se onwettig. Om by te voeg, is die die internasionale standaard vir enige hofsaak 10 jaar vanaf arrestasie totdat alle vorme van appèl uitgeput is. Die Boeremagsaak is reeds 15 jaar in aanvang.

Die drs. Pretorius het reeds (Mei 2017) hierdie petisie gerig en wag tans op die antwoord van die regter-president van die Grondwethof.

Ons vra ook dat u sal help om om hierdie onreg wat steeds teen die Boerevolk Politieke Gevangenes voortwoed, nasionaal en internasionaal bekend maak, sodat daar na 15 jaar ’n einde kan kom aan die onreg.

Riëtte van Schalkwyk
(Woordvoerder van Boervin)


Paul Kruger


 

Ciara Lodge – One of our best sellers in Pretoria!

Featuring a lush garden, Ciara Lodge is located in Pretoria and offers an outdoor swimming pool, children’s playground and terrace. Loftus Versfeld Rugby Stadium is 15 minutes’ drive away. Guests have access to free WiFi.

With wooden furnishings, Ciara Lodge’s units are decorated in warm and neutral colours. Each is fitted with a flat-screen satellite TV, safe and barbecue facilities. The bathroom includes free toiletries.

Guests can prepare meals in the privacy of their self-catering unit. Some units have a fully equipped kitchen or kitchenette, and some has a microwave with tea-and-coffee-making facilities.

Pretoria’s city center is within 7 km and the Menlyn Park Shopping Mall is 15 km away. Laundry services are available at an additional fee and an airport transfer can be arranged upon request.

OR Tambo International Airport is 45 minutes’ drive away.

Rietfontein is a great choice for travelers interested in scenery, tranquillity and zoos.

Couples in particular like the location – they rated it 8 for a two-person trip.

This property is also rated for the best value in Pretoria! Guests are getting more for their money when compared to other properties in this city.

Facilities available:
– Free WiFi
– Free Parking
– Family Rooms
– Non-Smoking Rooms

To view more facilities at this venue, please click on the link below….

Book your room at this Hotel now!
Find and Book your Cheap Flights here!