Row over occupancy at Jean Crossing Shopping Centre in Centurion

Row over occupancy at Jean Crossing Shopping Centre in Centurion

TWO years after the upmarket Jean Crossing Shopping Centre in Centurion opened its doors, it is still battling to obtain a certificate of occupancy from the City.

The main dispute between the parties relates to the construction and completion of a main stormwater drainage system that the mall owners had agreed to erect on behalf of the City at an estimated cost of R22million.

The City accepted that the physical buildings and all services at the shopping centre had been completed, but it was not willing to issue the final certificate of occupancy as the stormwater drainage system had not been completed.

The City said the system – which will serve about 1000 households and numerous businesses around the shopping centre – constituted infrastructure “incidental to the building” (the mall) and it can thus not issue a final certificate.

This, while the Jean Crossing Shopping Centre had been occupied since 2015 and the City levying its full quota of rates and taxes, services charges, as well as water and electricity charges.

The mall is situated between the N14, Jean Avenue and Rabie Street, and lies directly below the Gautrain rail. It was established to meet the shopping needs of commuters and residents, providing everyday essentials from grocery shopping to restaurants and clothing retailers.

Centre co-owners – Egan Property Group, Jean Avenue Village, Rapfund Investments and Luvon Investments – turned to the Gauteng High Court, Pretoria, to force the City to issue the certificate.

Judge Leicester Adams ordered the City to, within 14 days, decide whether or not to issue the certificate. If it decided to do so, the certificate had to be delivered within seven days. In the event of it declining to issue it, the City had to furnish the owners with full reasons for the refusal.

When the applicants issued the City in 2011 with their application for the development of a township on the properties where the shopping centre was subsequently built, it objected on the basis that “the existing stormwater system in Rabie Street is insufficient and must be upgraded”.

An integral part of the establishment of the township and the development of the mall, as approved by the City, was that the applicants had to construct a main stormwater drainage system to cater for the centre as well as for the surrounding area.

In terms of the agreement, the applicants had to construct the system and the City was to contribute about R20m towards the system. This huge project had not yet been completed and when the centre opened, a temporary occupancy certificate was issued.

But the City refused to issue the final certificate as it said it was under no legal obligation to do so, until the applicants had honoured its side of the bargain by building the stormwater drainage system.

The applicants said this was an extremely large undertaking, which was for the general benefit of the entire area, and it would take some time. The applicants said they never understood that this project would be linked to the building and the operation of the mall.

They said as they understood the agreement, the enlargement of the stormwater system was an additional service not linked to the development of the mall, but aimed at alleviating a severe stormwater problem in the larger area.

The court was told that following the construction of the mall, it was given the green light on all aspects of quality control and adhering to the building regulations. The only outstanding issue was the stormwater system.

The judge said the approach by the City was not sustainable as it was agreed that the completion of the drainage system had no impact on the shopping centre. “The property (the mall) had been occupied for more than a year by the time the applicants had filed this application and the City has been levying its full quota of charges the stormwater drainage system within the boundaries of the shopping centre has also been completed.”

The judge said the City could not withhold the certificate simply because of inadequacies in its drainage system for the area.

By: ZELDA VENTER: IOL News


IT WILL COST CITY OF PRETORIA R60M TO REPAIR SINKHOLES

IT WILL COST CITY OF TSHWANE R60M TO REPAIR SINKHOLES

The City Of Tshwane says it will cost about R60 million to repair sinkholes in the city over the next two financial years.

The city has allocated R25 million to repair one particular sink hole on Jean Avenue in Centurion.

This is one of 24 in the city.

The operation is expected to run for about nine months.

Spokesperson Samkelo Mgobozi said: “Well, we look at region four which includes Centurion and Laudium and those areas. And this is not necessarily something that we can prevent from happening although we’re working closely with archaeologists to ensure that we monitor the situation and monitor the sinkholes that are caused by an array of issues so that we can mitigate them in future.”

By: EWN


Vandag se sportnuus

SunCity:

Tennis

Die Amerikaanse Ope se eindwedstryde is die naweek afgehandel.

  • Mans-enkelspel:

Rafael Nadal het sy derde Amerikaanse Ope-titel en 16de Grand Slam verower. Nadal het Suid-Afrika se Kevin Anderson met 6-3, 6-3 en 6-4 in die eindstryd geklop.

  • Vroue-enkelspel:

Die ongekeurde Sloane Stephens (VSA) klop (15) Madison Keys (VSA) met 6-3 en 6-0 om as kampioen gekroon te word.

Rugby

Kom ons loer na die naweek se uitslae:

  • Kampioenskapsreeks

 

Coenie Oosthuizen het sy arm in dié wedstryd gebreek en word vervang deur die WP se Wilco Louw.

  • Curriebeker

  • Pro14

Netbal

Die Varsitybeker-reeks se vierde ronde is gister gespeel.

Gholf

  • In die Sonskynreeks is die Sun Fish River Sun Uitdaging in die Oos-Kaap voltooi.

  • In die Europese reeks het sake ná die derde uitspeelputjie by die Europese Meesters in Switserland só geëindig.

Motorwedrenne

  • Moto GP

Die San Marino Moto GP is gister gejaag.

Krieket

Engeland en die Wes-Indiese eilande het mekaar op Lords in die derde en beslissende toets van hul reeks gepak. Engeland het die wedstryd met nege paaltjies gewen en die reeks met 2-1 verower. James Anderson is nou die voorste bouler in die wêreld nadat hy sewe paaltjies in dié toets platgetrek het. Engeland se reeksoorwinning beteken hy is nou derde op die toetsranglys. Indië is eerste en Suid-Afrika tweede.

Kanovaart

Hank McGregor het saam met sy spanmaat, Jasper Mocké, die K2- goue medalje by die Wêreld-marathonkampioenskap in Pietermaritzburg verower. Dit was McGregor  se10de wêreldtitel van sy loopbaan.

Sokker

  • Die tweede been in die halfeindstryd van die MTN8-reeks is die naweek gespeel. Cape Town City het Wits met 2-1 geklop en op ʼn saamgestelde telling van 3-1 na die eindstryd deurgedring. In die ander halfeind is Maritzburg United met 2-0 deur SuperSport United geklop.
  • In die Engelse Premierliga is daar verskeie wedstryde gespeel.

Historiese Geskiedenis van Pretoriase Normaalkollege

Pretoriase Normaalkollege (Rissikstr, Sunnyside) is op 2 September 1902 gestig, net na die Anglo-Boereoorlog.

Die idee van die embleem was dié van Natie du Toit. Sy was’n verpleegster in die konsentrasiekamp op Middelburg. Te midde van al die lyding het duisende aronskelke in die vleie om die kamp gedy. Natie het armsvol daarvan gepluk om die tente van siekes te versier en om kransies van te maak. Die aronskelke is dus simbolies van skoonheid en hoop.

Die drie aronskelke dui op die oorlog wat drie jaar geduur het.) Dissipline by die NKP was baie streng – bedags mag dames nie op straat saam met mans gesien word nie. Een dosent het vir hulle gesê dis geheel en al “onnodig” om met ‘n man te praat! Op 26 Junie 1903 het 39 studente die kollege verlaat as die eerste gekwalifiseerde onderwysers in Transvaal.


Motorfietse brul teen Plaasaanvalle by Hartbeespoortdam

Motorfietse brull teen Plaasaanvalle by Hartbeespoortdam

Die lug om Hartbeespoortdam gaan op 16 September 2017 gevul word met die gebrul van motorfietse teen plaasaanvalle.

“Die Nasionale Motorfietsvereniging en sy assosiate gaan die dag fondse insamel om boere en plaaswerkers teen plaasaanvalle te help beskerm. Dié fondse sal tydens Agri SA se kongres in Oktober 2017 aan die Agri Securitas Trustfonds oorhandig word”, sê Ben Stander, voorsitter van die reëlingskomitee.

“Ons as motorfietsentoesiaste kan nie langer terugsit en toesien dat boere en plaaswerkers wat ‘n bate vir ons land is vermoor word, sonder dat ons iets daaraan doen nie. Daarom reël ons die pretdag by die Hartbeespoortdam vakansieoord om fondse in te samel vir die Trustfonds. Ons kan ons vereenselwig met die werk wat die Trustfonds doen om die boerderygemeenskap teen plaasaanvalle te help beskerm en is oortuig daarvan dat die Trustfonds die regte voertuig is om die fondse te ontvang”, sê Piet Jooste, lid van die reëlingskomitee.

Kiewiet Ferreira, waarnemende voorsitter van die Agri Securitas Trustfonds sê dat, “die Trustfonds waardering het vir die welwillendheid van die motorfietsvereniging teenoor die boerderygemeenskap, om hulle by te staan om die huidige misdaadprobleem te help oorkom. Onlangse mediaberigte het weereens die geweld teenoor die boerderygemeenskap op die voorgrond geplaas en daarom is die trustees dankbaar vir die tyd wat professionele mense en lede van die publiek opoffer om boere in hierdie krisistydperk by te staan”.

Lede van die publiek en boere word genooi om te kom deel in die pret wat gedurende die dag aangebied sal word en die poging om fondse in te samel waardeur boere en plaaswerkers beskerm kan word. Daar sal hope vermaak, eet- en drinkgoed beskikbaar wees. Verskeie kunstenaars het hulle dienste gratis beskikbaar gestel om hulle deel by te dra tot die fondsinsamelingsprojek. Almal is welkom om die dag te kom ondersteun en hekke open reeds om 08:00.

Ter afsluiting sê Ben Stander, “dat dit nou lede van die publiek se tyd is om ‘n deel by te dra om ons boere en plaaswerkers te ondersteun, ons kan nie net aanhou praat oor die probleem, nou kan almal iets bydra. Jy kan nie die pretdag misloop nie, onthou dit is vir boere, plaaswerkers en families om hulle te help beskerm teen plaasgeweld. Ons vereenselwig ons ook met die doelstellings van die Agri Securitas Trustfonds en die werk wat hulle doen om die boerderygemeenskap te help beskerm”.


Groot grondeis in Pretoria teengestaan

Groot grondeis in Pretoria teengestaan

Die sakeregtewaghond AfriSake het onlangs weer ingegryp om ʼn groot grondeis ten opsigte van eiendomme in die ooste van Pretoria teen te staan.

Volgens AfriSake het sy regspan onlangs ’n voorverhoorvergadering oor die Lekhuleni-grondeis by die grondeisehof in Randburg bygewoon.

Armand Greyling, regs- en beleidsontleder by AfriSake, het gesê die voorverhoor het meestal gefokus op die oplos van kwessies wat tydens die verhoor gehanteer sou moes word.

Die verhoor sal waarskynlik later vanjaar begin, het Greyling gesê.

“Dit beteken dat slegs finale beëdigde verklarings geliasseer moet word, aangesien die aangeleentheid gereed is om verhoor te word. AfriSake eis dat die grondeisehof se beslissing dat die Lekhuleni-eis geldig is, tersyde gestel word omdat die administratiewe diskresie in hierdie geval slegs by die grondeisekommissaris berus,” het hy verduidelik.

Greyling meen dit blyk dat hierdie eis opportunisties en soortgelyk is aan die Bakwena ba Mare a Phagole- of Suid-Gauteng-grondeis waarby AfriSake ook aktief betrokke is.

“Ons glo dat die reg sy gang moet gaan wanneer geldige eise ingedien word, maar in dié geval kan ons nie saamstem dat die eis geldig is nie. Die grondeisehof se betrokkenheid in hierdie saak oor die diskresionêre gesag van die grondeisekommissaris blyk ook onvanpas te wees en AfriSake sal alles in sy mag doen om te verseker dat die regte prosedures gevolg word,” het Greyling gesê.

Dié grondeis betrek meer as 500 residensiële eiendomme, nege plase en verskeie skole en besighede. Dit is na bewering deur wyle Victor Lekhuleni ingestel, wat aangevoer het dat hy die leier van die Bakgatla Ba Lekhuleni-stam was. Hy is ná sy dood deur Velaphi Victor Lekhuleni opgevolg.

Volgens AfriSake is die eis na bewering op 21 Oktober 1996 by die grondeisehof ingestel. Ná ’n ondersoek het die kommissie dit op 16 Januarie 2013 duidelik gemaak dat geen eis ingedien is nie en dat die kommissie nie sal voortgaan om die eis te ondersoek nie. Op 8 Augustus 2014 het die grondeisehof dié besluit egter hersien en tersyde gestel.

As die hof se besluit nie tersyde gestel word nie, sal hulle voortgaan om die meriete van die saak te beveg betreffende of enigiemand weens diskriminerende wette met geweld van die eiendom ter sprake verwyder is, het Greyling bygevoeg.

Deur: Maroela Media


Klasse by Hoёrskool Pretoria-Wes ontwrig oor kleefbroeke

Klasse by Hoёrskool Pretoria-Wes ontwrig oor kleefbroeke

Beamptes van die Gautengse departement van onderwys is Maandag na Hoёrskool Pretoria-Wes ontplooi nadat leerders Vrydag klasse geboikot het omdat hulle eerder noupassende broeke as gewone wyepyp-broeke as deel van hul skooluniform wil dra.

Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse departement van onderwys, het gesê die herrie rondom die skooluniform het begin nadat twee “oproerige leerders” ná ʼn dissiplinêre verhoor vir sewe dae geskors is omdat hulle die skool se kleredragkode oortree het.

Die twee leerders was Donderdag weer terug by die skool waar hulle ander leerders by die skool oortuig het om klasse te ontwrig in ʼn poging om die skool te dwing om hulle toe te laat om spanbroeke, ook bekend as kleefbroeke of sogenaamde skinny pants, te dra.

Die twee leerders het ook ʼn WhatsApp-groep gestig om sodoende ondersteuning vir die saak te werf.

Lede van die leerderraad was aanvanklik nie deel van die WhatsApp-groep nie, maar is ná die departementele beamptes se besoek aan die skool by die groep ingesluit om die gesprekke daarop te monitor.

“Die onderrigbedrywighede by die skool het vandag [Maandag] normaalweg voortgegaan,” het Mabona gesê.

“Die skoolbeheerliggaam het besluit om ʼn vergadering met die ouers van die skool te hou om die saak verder te bespreek. Intussen bly die skool se gedragskode van krag.”

Mabona het gesê dit is “bemoedigend” dat graad 12-leerders Vrydag, ondanks die ontwrigting, toegelaat is om hul voorbereidingseksamen te skryf.

“Die departement veroordeel die leerders se gedrag ten sterkste en doen ʼn beroep op leerders om die beskikbare strukture te gebruik om besware of kommerwekkende kwessies aan te raak eerder as om skoolbedrywighede te ontwrig. Ons doen ʼn beroep op leerders om hulle te weerhou van onwettige betogings, aangesien hul toekoms van
hul skoolloopbaan afhang,” het hy gesê.

Panayaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, het gesê dit is “teleurstellend” dat die departement se tyd en hulpbronne in beslag geneem word deur geringe kwessies wat nie hul prioriteit behoort te wees nie. “Ons fokus is om die gehalte van onderwys te verbeter en ons is nou besig met voorbereidingseksamens en algemene voorbereiding vir matriekeindeksamens.”

Deur: Maroela Media


Nouer samewerking tussen die NG Kerk en Hervormde Kerk

kerk

Moderamen van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (NHKA) en die Moderatuur van die Algemene Sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika (NGK) het tydens ʼn gesamentlike vergadering wat buite Pretoria gehou is, hul voorneme bekend gemaak om verder nou met mekaar saam te werk.

In die lig van die bestaande bilaterale ooreenkoms tussen die NHKA en die NGK onderneem die Moderature van die twee kerke om veral met betrekking tot die volgende gemeenskaplike sake samewerking tussen gemeentes én sinodale strukture te bevorder, aldus dr. Wouter van Wyk, sekretaris van kommunikasie van die NH Kerk.

• Albei kerke ag dit van groot belang om missionaal kerk te wees, en moedig gemeentes aan om in hierdie verband plaaslik al nouer met mekaar saam te werk.
• Teologiese opleiding is vir die kerk van kardinale belang, en daarom wil die Moderature verseker dat voornemende predikante van die twee kerke steeds die beste moontlike teologiese opleiding ontvang. Daar moet ook erns gemaak word met opleiding van tweedeloopbaanpredikante op die mees tyd- en kostedoeltreffende manier moontlik, terwyl daar ook programme ontwikkel word om teologiese toerusting aan ampsdraers, kerklike werkers en lidmate te verskaf.
• Die twee kerke onderneem om op ekumeniese gebied al meer met mekaar en ander kerke saam te werk, en die moontlikheid van Ekumeniese Sinodes (saam met ander kerke) te ondersoek.
• Gemeentes van die twee kerke (binne én buite Suid-Afrika) word aangemoedig om al nouer met mekaar saam te werk, veral waar gemeentes as gevolg van demografiese verskuiwings en ekonomiese druk in ’n oorlewingstryd gewikkel is.
Die kerkleiding van albei kerke onderneem om sulke gemeentes met toepaslike samewerkingsooreenkomste by te staan. Gemeentes word ook aangemoedig om hul ervaring van sukses en knelpunte in bestaande samewerkingsooreenkomste met die kerkleiding te deel sodat dit uiteindelik die hele kerk kan dien. Gemeentes word ook uitgenooi om die kerkleiding te nader insake enige bedieningsbehoeftes wat daar plaaslik mag bestaan. Indien dit blyk dat kerkordelike aanpassings nodig word om besluitneming tussen samewerkende gestaltes van die kerk moontlik te maak, sal dit dan oorweeg word.
• Die twee kerke ondersoek geleenthede om plaaslik en nasionaal nouer saam te werk in barmhartigheidsdiens.
• Die goeie samewerking met betrekking tot die kerklied en -musiek word verder uitgebou.
• Groter samewerking met betrekking tot die elektroniese media word ondersoek.

KFC-voorval: Drie in hof

Drie mans van Pretoria wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn egpaar in Montana aangerand het, het Vrydag in die landdroshof in Pretoria-Noord verskyn.

Landdros Motlhoki Rapulana het na die mans se aansoek om borgtog geluister en gesê sy het tyd nodig om die bewyse te bestudeer, voordat sy haar besluit op 30 Augustus bekend sal maak.

Staatsaanklaer Ronnie Sibanda voer aan die mans moet nie vrygelaat word nie, aangesien hul veiligheid nie gewaarborg is nie en ʼn gevoel van vrede in die gemeenskap ondermyn kan word. “Die aansoek om borgtog moet ook in die belang van die publiek wees, aangesien die voorval in die publieke arena plaasgevind het.”

Stephan Nel (39), Joshua Scholtz (21) en Dicky Junior van Rooyen (21) staan tereg op aanklagte van poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer en die rig van ʼn vuurwapen. Hul een medebeskuldigde, Marius Harding (23), het sy aansoek om borgtog laat vaar en nog ʼn beskuldigde, Ockert Muller (20), se aansoek om borgtog is reeds goedgekeur.

Die mans word daarvan beskuldig dat hulle Jacob Sono en sy vrou Dudu op 2 Augustus by die KFC-deurrybaan in Montana, Pretoria, aangerand het. Video’s van die voorval is wyd op sosiale media versprei.

Konst. William Tladi, ʼn ondersoekbeampte in die saak, het vroeër tydens die aansoek om borgtog getuig en het aan die hof gesê Sono kon aan ʼn hartaanval gesterf het. Hy het gesê Sono se mond en ore het gebloei nadat hy by die kitskosrestaurant aangeval is. Hy was die tweede getuie om die borgtogaansoek van die mans teen te staan.

Tladi het aan die hof gesê beskuldigde nommer een, Stephan Nel, het by die toneel aangekom toe die bakleiery begin het, en hy het ʼn vuurwapen op Sono gerig voor hy hom saam met sy medebeskuldigdes geslaan het. “Dit is hoekom ek die borgtog teenstaan. ʼn Persoon kan sterf as jy hom teen die kop slaan.”

Adv. Francois Kriel, vir Schultz, voer aan Sono is vir ʼn knop op sy kop behandel en ʼn gebarste membraan in sy oor wat binne ʼn paar dae genees het. Hy hou vol die beserings was nie ernstig of lewensgevaarlik nie.

Tladi het aan die hof gesê die aanvallers het nie net die egpaar fisies aangeval nie, maar ook rassistiese uitlatings gemaak.

Daar is egter geen aanklagte wat met rassisme en crimen injuria verband hou op die klagstaat nie.

Nel se prokureur, Nols Nolte, het aan die hof gesê Tladi is nie vertroud met die besonderhede van die saak nie, en hy het net opdrag gekry om hof toe te kom en die borgtogaansoek teen te staan. Nolte wou weet waarom daar geen klag van crimen injuria is nie, indien Dudu Sono beledig is, aldus die polisie se weergawe.

Tladi het gesê hy het nie die klaers se verklarings geneem of die klagtes geformuleer nie. Hy het gesê hy het die dossier ontvang om ondersoek in te stel.

Seun vas oor bedrog van R93 miljoen, pa in hof oor korrupsie

Tseko Mojalefa Rabotho (29) het Vrydag in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Pretoria verskyn op aanklag van korrupsie.

Rabotho is op 17 Augustus deur die Valke in hegtenis geneem op aanklag van bedrog, korrupsie en geldwassery ten waarde van R93 miljoen, het lt.kol. Robert Netshiunda, woordvoerder van die Valke, gesê. Hy het aanvanklik op 21 Augustus in die hof verskyn waar dit aan die lig gekom het dat hy ʼn aantal bates, insluitend twee luukse eiendom en 19 motors, bekom het, wat nooit gefinansier is nie.

“Net voor Rabotho Donderdag vir sy aansoek om borgtog in die hof sou verskyn, wou sy pa, Jackie Nicholas Rabhoto (57) die ondersoekbeampte by die Valke se kantoor in Pretoria glo met R52 000 kontant omkoop,” het Netshiunda verduidelik. “Hy is dadelik in hegtenis geneem. Hy het ʼn verdere R48 000 kontant in sy besit gehad.”

Jackie het Vrydag in die hof verskyn op aanklag van korrupsie.

Die twee mans moet weer op 31 Augustus in die hof verskyn.