IT WILL COST CITY OF PRETORIA R60M TO REPAIR SINKHOLES

IT WILL COST CITY OF TSHWANE R60M TO REPAIR SINKHOLES

The City Of Tshwane says it will cost about R60 million to repair sinkholes in the city over the next two financial years.

The city has allocated R25 million to repair one particular sink hole on Jean Avenue in Centurion.

This is one of 24 in the city.

The operation is expected to run for about nine months.

Spokesperson Samkelo Mgobozi said: “Well, we look at region four which includes Centurion and Laudium and those areas. And this is not necessarily something that we can prevent from happening although we’re working closely with archaeologists to ensure that we monitor the situation and monitor the sinkholes that are caused by an array of issues so that we can mitigate them in future.”

By: EWN


Historiese Geskiedenis van Pretoriase Normaalkollege

Pretoriase Normaalkollege (Rissikstr, Sunnyside) is op 2 September 1902 gestig, net na die Anglo-Boereoorlog.

Die idee van die embleem was dié van Natie du Toit. Sy was’n verpleegster in die konsentrasiekamp op Middelburg. Te midde van al die lyding het duisende aronskelke in die vleie om die kamp gedy. Natie het armsvol daarvan gepluk om die tente van siekes te versier en om kransies van te maak. Die aronskelke is dus simbolies van skoonheid en hoop.

Die drie aronskelke dui op die oorlog wat drie jaar geduur het.) Dissipline by die NKP was baie streng – bedags mag dames nie op straat saam met mans gesien word nie. Een dosent het vir hulle gesê dis geheel en al “onnodig” om met ‘n man te praat! Op 26 Junie 1903 het 39 studente die kollege verlaat as die eerste gekwalifiseerde onderwysers in Transvaal.


Groot grondeis in Pretoria teengestaan

Groot grondeis in Pretoria teengestaan

Die sakeregtewaghond AfriSake het onlangs weer ingegryp om ʼn groot grondeis ten opsigte van eiendomme in die ooste van Pretoria teen te staan.

Volgens AfriSake het sy regspan onlangs ’n voorverhoorvergadering oor die Lekhuleni-grondeis by die grondeisehof in Randburg bygewoon.

Armand Greyling, regs- en beleidsontleder by AfriSake, het gesê die voorverhoor het meestal gefokus op die oplos van kwessies wat tydens die verhoor gehanteer sou moes word.

Die verhoor sal waarskynlik later vanjaar begin, het Greyling gesê.

“Dit beteken dat slegs finale beëdigde verklarings geliasseer moet word, aangesien die aangeleentheid gereed is om verhoor te word. AfriSake eis dat die grondeisehof se beslissing dat die Lekhuleni-eis geldig is, tersyde gestel word omdat die administratiewe diskresie in hierdie geval slegs by die grondeisekommissaris berus,” het hy verduidelik.

Greyling meen dit blyk dat hierdie eis opportunisties en soortgelyk is aan die Bakwena ba Mare a Phagole- of Suid-Gauteng-grondeis waarby AfriSake ook aktief betrokke is.

“Ons glo dat die reg sy gang moet gaan wanneer geldige eise ingedien word, maar in dié geval kan ons nie saamstem dat die eis geldig is nie. Die grondeisehof se betrokkenheid in hierdie saak oor die diskresionêre gesag van die grondeisekommissaris blyk ook onvanpas te wees en AfriSake sal alles in sy mag doen om te verseker dat die regte prosedures gevolg word,” het Greyling gesê.

Dié grondeis betrek meer as 500 residensiële eiendomme, nege plase en verskeie skole en besighede. Dit is na bewering deur wyle Victor Lekhuleni ingestel, wat aangevoer het dat hy die leier van die Bakgatla Ba Lekhuleni-stam was. Hy is ná sy dood deur Velaphi Victor Lekhuleni opgevolg.

Volgens AfriSake is die eis na bewering op 21 Oktober 1996 by die grondeisehof ingestel. Ná ’n ondersoek het die kommissie dit op 16 Januarie 2013 duidelik gemaak dat geen eis ingedien is nie en dat die kommissie nie sal voortgaan om die eis te ondersoek nie. Op 8 Augustus 2014 het die grondeisehof dié besluit egter hersien en tersyde gestel.

As die hof se besluit nie tersyde gestel word nie, sal hulle voortgaan om die meriete van die saak te beveg betreffende of enigiemand weens diskriminerende wette met geweld van die eiendom ter sprake verwyder is, het Greyling bygevoeg.

Deur: Maroela Media


Klasse by Hoёrskool Pretoria-Wes ontwrig oor kleefbroeke

Klasse by Hoёrskool Pretoria-Wes ontwrig oor kleefbroeke

Beamptes van die Gautengse departement van onderwys is Maandag na Hoёrskool Pretoria-Wes ontplooi nadat leerders Vrydag klasse geboikot het omdat hulle eerder noupassende broeke as gewone wyepyp-broeke as deel van hul skooluniform wil dra.

Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse departement van onderwys, het gesê die herrie rondom die skooluniform het begin nadat twee “oproerige leerders” ná ʼn dissiplinêre verhoor vir sewe dae geskors is omdat hulle die skool se kleredragkode oortree het.

Die twee leerders was Donderdag weer terug by die skool waar hulle ander leerders by die skool oortuig het om klasse te ontwrig in ʼn poging om die skool te dwing om hulle toe te laat om spanbroeke, ook bekend as kleefbroeke of sogenaamde skinny pants, te dra.

Die twee leerders het ook ʼn WhatsApp-groep gestig om sodoende ondersteuning vir die saak te werf.

Lede van die leerderraad was aanvanklik nie deel van die WhatsApp-groep nie, maar is ná die departementele beamptes se besoek aan die skool by die groep ingesluit om die gesprekke daarop te monitor.

“Die onderrigbedrywighede by die skool het vandag [Maandag] normaalweg voortgegaan,” het Mabona gesê.

“Die skoolbeheerliggaam het besluit om ʼn vergadering met die ouers van die skool te hou om die saak verder te bespreek. Intussen bly die skool se gedragskode van krag.”

Mabona het gesê dit is “bemoedigend” dat graad 12-leerders Vrydag, ondanks die ontwrigting, toegelaat is om hul voorbereidingseksamen te skryf.

“Die departement veroordeel die leerders se gedrag ten sterkste en doen ʼn beroep op leerders om die beskikbare strukture te gebruik om besware of kommerwekkende kwessies aan te raak eerder as om skoolbedrywighede te ontwrig. Ons doen ʼn beroep op leerders om hulle te weerhou van onwettige betogings, aangesien hul toekoms van
hul skoolloopbaan afhang,” het hy gesê.

Panayaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, het gesê dit is “teleurstellend” dat die departement se tyd en hulpbronne in beslag geneem word deur geringe kwessies wat nie hul prioriteit behoort te wees nie. “Ons fokus is om die gehalte van onderwys te verbeter en ons is nou besig met voorbereidingseksamens en algemene voorbereiding vir matriekeindeksamens.”

Deur: Maroela Media


AfriForum betoog by Pretoria hofverrigtinge teen dubbele standaarde oor rasvoorvalle

AfriForum betoog by Pretoria hofverrigtinge teen dubbele standaarde oor rasvoorvalle

Lede van die burgerregte-organisasie AfriForum het vanoggend buite die Pretoria-Noordse landdroshof teen die dubbele standaarde betoog waarmee rasvoorvalle in Suid-Afrika hanteer word.

Dié dubbele standaarde behels volgens AfriForum dat wit-op-swart-aanvalle deurlopend aan die groot klok gehang word, terwyl swart-op-wit-aanvalle grootliks geïgnoreer word. Die betoging val saam met die verskyning van twee verdagtes wat Carel Kruger aan die begin van Augustus vanjaar in die Montana-omgewing gewelddadig met ’n baksteen aangeval het. Dié aanval het enkele dae ná die KFC-voorval – óók in die Montana-omgewing – plaasgevind.

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het sowel die aanval op Kruger as ’n ander geval in die Montana-omgewing toe die ongewapende Carine van Staden in ’n padwoedevoorval geskiet is geensins dieselfde openbare aandag en veroordeling as die KFC-voorval ontvang nie. “Ongelukkig bestaan daar dubbele standaarde rakende die hantering van voorvalle waarby ras betrokke is. Wanneer die slagoffer swart en die aanvaller wit is, word die saak aan die groot klok gehang, terwyl sake soos dié van Kruger en Van Staden grootliks geïgnoreer word,” sê Kriel verder.

Kriel wys daarop dat AfriForum alle voorvalle van geweld veroordeel – ongeag die ras van die slagoffer of aanvaller.

“AfriForum het die KFC-voorval soos baie ander instellings veroordeel, maar wag tot vandag toe dat die minister van polisie, die meerderheid van die media en die sogenaamde ‘black twitter’ die Kruger- en Van Staden-aanval met dieselfde ywer veroordeel as waarmee die geval met die KFC-voorval veroordeel is,” voeg Kriel by.

“Vir solank as wat die samelewing onwillig is om alle voorvalle waarby ras betrokke is oor dieselfde kam te skeer, lewer dit geen bydrae tot die verbetering van rasseverhoudinge nie. Inteendeel: dubbele standaarde veroorsaak verdere polarisasie. Daarom sal AfriForum voortaan deurlopend ʼn beroep doen vir die bevordering van wedersydse erkenning en respek tussen gemeenskappe,” sluit Kriel af.


Die Kooperasie – Kleinfontein

KONTAK BESONDERHEDE

Telefoon: 012 940 0065 of intern op 6174

Vir lekker koffie, Koek en lekkernye.

Kleinfontein is ‘n unieke, ongeëwenaarde ontwikkeling in die geskiedenis van die Afrikanervolk omdat dit volledig gevestig is deur volkseie arbeid.

Kleinfontein is geleë op die Magaliesbergreeks 30km Suid-Oos van Pretoria op die historiese terrein waar die slag van Donkerhoek (Diamond Hill) tydens die Tweede Vryheidsoorlog plaasgevind het.


FINKOR Finsiele Dienste – Kleinfontein

KONTAK BESONDERHEDE

Naam: Finkor
Telefoon:012 940 4271
E-pos: [email protected]
Webtuiste: www.finkor.net

Ons skep gemoedsrus

Volhoubare genmoedsrus verskaf deur uitstekende diens.

Vir enige finansiele advies, rekenkundige dienste, versekeringsdienste, besigheidsdienste of regsdienste.

Toeganklik. Gerieflik. In Jou Taal