Vandag se sportnuus

SunCity:

Tennis

Die Amerikaanse Ope se eindwedstryde is die naweek afgehandel.

  • Mans-enkelspel:

Rafael Nadal het sy derde Amerikaanse Ope-titel en 16de Grand Slam verower. Nadal het Suid-Afrika se Kevin Anderson met 6-3, 6-3 en 6-4 in die eindstryd geklop.

  • Vroue-enkelspel:

Die ongekeurde Sloane Stephens (VSA) klop (15) Madison Keys (VSA) met 6-3 en 6-0 om as kampioen gekroon te word.

Rugby

Kom ons loer na die naweek se uitslae:

  • Kampioenskapsreeks

 

Coenie Oosthuizen het sy arm in dié wedstryd gebreek en word vervang deur die WP se Wilco Louw.

  • Curriebeker

  • Pro14

Netbal

Die Varsitybeker-reeks se vierde ronde is gister gespeel.

Gholf

  • In die Sonskynreeks is die Sun Fish River Sun Uitdaging in die Oos-Kaap voltooi.

  • In die Europese reeks het sake ná die derde uitspeelputjie by die Europese Meesters in Switserland só geëindig.

Motorwedrenne

  • Moto GP

Die San Marino Moto GP is gister gejaag.

Krieket

Engeland en die Wes-Indiese eilande het mekaar op Lords in die derde en beslissende toets van hul reeks gepak. Engeland het die wedstryd met nege paaltjies gewen en die reeks met 2-1 verower. James Anderson is nou die voorste bouler in die wêreld nadat hy sewe paaltjies in dié toets platgetrek het. Engeland se reeksoorwinning beteken hy is nou derde op die toetsranglys. Indië is eerste en Suid-Afrika tweede.

Kanovaart

Hank McGregor het saam met sy spanmaat, Jasper Mocké, die K2- goue medalje by die Wêreld-marathonkampioenskap in Pietermaritzburg verower. Dit was McGregor  se10de wêreldtitel van sy loopbaan.

Sokker

  • Die tweede been in die halfeindstryd van die MTN8-reeks is die naweek gespeel. Cape Town City het Wits met 2-1 geklop en op ʼn saamgestelde telling van 3-1 na die eindstryd deurgedring. In die ander halfeind is Maritzburg United met 2-0 deur SuperSport United geklop.
  • In die Engelse Premierliga is daar verskeie wedstryde gespeel.

Vandag se sportnuus

SunCity:

Atletiek

Die IAAF se wêreldkampioenskap het gister ten einde geloop.

In die 800 meter vir vroue het Caster Semenya oor die laaste 50 m vir haar teenstanders weggehardloop en goud verower. Sy het daarmee ʼn nuwe nasionale rekord opgestel. Dit was ook die derde keer dat sy die 800 m goud op ʼn wêreldkampioenskap wen.

Medaljeleer

 

Gholf

  • Die laaste Major-toernooi van die jaar, die PGA-kampioenskap, is gister in Charlotte in die VSA afgehandel.

 

  • Die Sun Carnival City-uitdaging is die naweek op Serengeti voltooi.

 

Curriebekerrugby

  • Drie wedstryde is die naweek gespeel.

Tennis

Die Rogers-beker het gister in Montreal ten einde geloop.

  • Mansenkelspel

Die tweede gekeurde Roger Federer het teen die Duitser Alexander Zverev te staan gekom en pak gekry. Zverev het met 6-3 en 6-4 geseëvier.

  • Vroue-enkelspel

Elina Svitolina en Caroline Wozniacki het sake in die eindstryd in Toronto uitgespook. Svitolina wen met 6-4 en 6-0.

Krieket

Die derde toets tussen Sri Lanka en Indië het Saterdag begin. Aan die einde van dag twee het die telbord só gelyk.

Indië 487

Sri Lanka 135 & 19/1 (13 bb – opvolgbeurt)

Sri Lanka is 333 lopies agter met 9 tweede-beurt paaltjies staande.

Swem

Chad le Clos en Cameron van der Burgh het die naweek op die wêreldbekertoernooi in Eindhoven albei goud in die swembad gewen. Le Clos in die 100 m en 200 m vlinderslag en Van der Burgh in die 50 m borsslag.

Moto GP

Die Grand Prix van Oostenryk is gister gejaag.

 

Sokker

Bafana het sy eerste been van die CHAN-kwalifisering teen Zambië met twee elk afgesluit.

Die MTN 8 kwarteind-kragmetings se uitslae lyk só:

Die Engelse Premierliga het die naweek afgeskop.

 

Vandag se sportnuus

SunCity:

Atletiek

Die IAAF se wêreldkampioenskap het gister sy sewende dag beleef. Die Suid-Afrikaners het ʼn besige program gehad. Kom ons loer na die suksesvolle uitslae.

200 m-finaal

Caster Semenya en Gena Lofstrand het albei in die 800 m vir vroue vir die halfeind gekwalifiseer. Hulle sal vanaand om 20:35 weer in aksie wees.

In die vroue se 200 m-halfeind kon Justine Palframan van Suid-Afrika nie kwalifiseer vir die finaal nie en het sewende geëindig in 23.21 sekondes.

Medaljes

Curriebekerrugby

  • Op die jongste punteleer is die Vrystaat die voorloper.

 

  • Drie wedstryde word môre gespeel.

 

  • Intussen is dit gister bevestig dat die slot, Victor Matfield, die Leeus se nuwe voorspeler-afrigter sal wees.

Tennis

Van gister se uitslae by die Kanadese Ope, in die ronde van 16, lyk só:

  • Mans-enkelspel            

Kevin Anderson het die kwarteind gehaal ná ʼn oorwinning van

6-4 en 6-1 oor Sam Querrey.

Gholf

  • Die PGA-kampioenskap het gister in Charlotte, VSA, begin.

 

  • Die tweede ronde van die Sun Carnival City Uitdaging is gister op Serengeti voltooi.

 

Krieket

Die derde toets tussen Sri Lanka en Indië begin môre. Indië gaan poog om die telling 3-0 te maak te midde van probleme in die Sri Lanka-kamp. Selfs hul afrigter is reeds vroeër huis toe.

Moto GP

Die Grand Prix van Oostenryk word Sondag gejaag. Die wêreldkampioen Marc Marquez gaan poog om sy derde agtereenvolgende wedren te wen. Verlede jaar kon hy egter net vyfde eindig in dié wedren.

Sokker

Afgesien van Bafana se CHAN-kwalifiseringswedstryd teen Zambië die naweek,  is daar ook die MTN 8-kwarteindkragmetings.

Vandag se sportnuus

SunCity:

Atletiek

Die IAAF se wêreldkampioenskap het gister sy 6de dag beleef.

Wayde van Niekerk en Akani Simbine het gisteraand aan die 200 m-halfeind deelneem en gemengde welslae behaal.

Medaljes

Rugby

  • Springbokrugby

Die Bokslot Eben Etzebeth is as kaptein vir die kampioenskapsreeks aangewys, in die afwesigheid van Warren Whiteley, wat steeds beseer is. Die losvoorspeler Siya Kolisi is die onderkaptein. Etzebeth was ook die kaptein in die laaste drie wedstryde teen die Franse in Junie.

  • Curriebeker

Drie wedstryde is gister gespeel. 

  • Gister se Vrouewêreldbeker-uitslae

 

Tennis

Van gister se uitslae by die Kanadese Ope, in die ronde van 32, lyk só:

  • Mans-enkelspel

Roger Federer klop Peter Polansky met 6-2 en 6-1.

Die ongekeurde Kevin Anderson reken af met die 11de gekeurde Carreño Busta met 6-3 en 7-6.

Gholf

  • Die laaste Major van die jaar, die PGA-kampioenskap, begin vandag in Charlotte, in die VSA.
  • Ernie Els slaan vandag in sy 100ste Major-toernooi af. Els sal saam met Hideki Matsuya en Ian Poulter op die bof wees.
  • Charl Schwartzel bevind hom in die geselskap van Bubba Watson en Paul Casey.
  • Louis Oosthuizen is die eerste twee rondes saam met Danny Willett en JB Holmes gegroepeer.
  • Sun Carnival City Uitdaging

Krieket

Die derde toets tussen Sri Lanka en Indië begin Saterdag. Indië loop gemaklik met 2-0 voor in dié reeks.

Netbal

Van die uitslae by die Provinsiale Netbaltoernooi in Durban lyk só:

  • Senior Afdeling A

Noordwes 40 KZN 35; Vrystaat 55 Oos-Kaap 27; Wes-Kaap 58 Mpumalanga 17; Gauteng 49 Noord-Kaap 28.

  • Senior Afdeling B

Limpopo 61 Mpumalanga 27; Gauteng 45 SANF 17; Wes-Kaap 60 Noord-Kaap 4; KZN 51 Royal Bafokeng 25.

Moto GP

Die Grand Prix van  Oostenryk word dié naweek gejaag. Die wedren sal op die Red Bull Ring afgehandel word. Op die jongste punteleer is Marc Márquez die voorloper.

Branderski

Jeffreysbaai sal die volgende paar dae in rep en roer wees wanneer die SA Branderski Kampioenskappe aangebied word. Die aksie begin vandag en duur tot Saterdag.

Sokker

Bafana Bafana speel die naweek in hul CHAN-kwalifiseringswedstryd teen Zambië.

Afrigter Stuart Baxter het gister gekla en gesê dis nie nodig dat die CHAN-kwalifisering in dieselfde tyd as die plaaslike liga gespeel word nie.

Vandag se sportnuus

SunCity:

Rugby

  • Die 2017 Superrugby-reeks se nuwe kampioenspan is Saterdag gekroon. Die eindstryd tussen die Lions en Crusaders op Emirates Ailrlines Park in Johannesburg is deur die Crusaders gewen met 25-17. Dit is hul agtste Supertitel. Die uitslag van die wedstryd is net voor rustyd reeds bepaal toe die Lions se flank, Kwagga Smith, ’n rooikaart ontvang het wat beteken het dat die Lions die res van die wedstryd met 14 man moes speel.
  • Die Springbok-groep van 33 spelers vir die Rugby-kampioenskap is Saterdag bekend gemaak. Curwin Bosch  en Handré Pollard is bygevoeg tot die groep, maar die kaptein, Warren Whiteley, is steeds op die kantlyn met ‘n liesbesering. Die volledige groep bestaan uit 19 voorspelers en 15 agterspelers.

Voorspelers (19):

Uzair Cassiem (flank / nr 8), Toyota Cheetahs

Lood de Jager (slot), Vodacom Bulls

Dan du Preez (nr 8), Cell C Sharks

Jean-Luc du Preez (losvoorspeler), Cell C Sharks

Pieter-Steph du Toit (slot), DHL Stormers

Eben Etzebeth (slot), DHL Stormers

Lizo Gqoboka (stut), Vodacom Bulls

Steven Kitshoff (stut), DHL Stormers

Siya Kolisi (flank), DHL Stormers

Jaco Kriel (losvoorspeler), Emirate Leeus

Frans Malherbe (stut), DHL Stormers

Malcolm Marx (haker), Emirate Leeus

Bongi Mbonambi (haker), DHL Stormers

Oupa Mohoje (losvoorspeler), Toyota Cheetahs

Franco Mostert (slot), Emirate Leeus

Tendai Mtawarira (stut), Cell C Sharks

Trevor Nyakane (stut), Vodacom Bulls

Coenie Oosthuizen (stut), Cell C Sharks

Chiliboy Ralepelle (haker), Cell C Sharks

Agterspelers (15):

Curwin Bosch (losskakel), Cell C Sharks

Andries Coetzee (heelagter), Emirate Leeus

Ross Cronjé (skrumskakel), Emirate Leeus

Damian de Allende (middel), DHL Stormers

Warrick Gelant (heelagter), Vodacom Bulls

Francois Hougaard (skrumskakel), Worcester (Engeland)

Elton Jantjies (losskakel), Emirates Leeus

Jesse Kriel (middel), Vodacom Bulls

Dillyn Leyds (veelsydige agterspeler), DHL Stormers

Rudy Paige (skrumskakel), Vodacom Bulls

Handré Pollard (losskakel), Vodacom Bulls

Raymond Rhule (vleuel), Toyota Cheetahs

Jan Serfontein (middelveld), Vodacom Bulls

Courtnall Skosan (vleuel), Emirate Leeus

Francois Venter (middelveld), Toyota Cheetahs

  • Curriebeker

Drie wedstryde is die naweek afgehandel.

Krieket

  • Die vierde en laaste toets tussen Engeland en Suid-Afrika staan einde se kant toe. Ná dag drie op Old Trafford in Manchester het die telbord só gelyk.

Engeland 362 en 224/8 (66.2 bb)

Suid-Afrika 226 lopies

Uitskeityd: Engeland is met 360 lopies voor met 2 paaltjies staande.

  • Die tweede toets tussen Sri-Lanka en Indië het gister in Colombo ten einde geloop. Indië wen met ’n beurt en 53 lopies en wen daarmee hul agste toetsreeks in ’n ry.

Indië 622/9 verklaar.

Sri-Lanka 183 en 386 onderskeidelik.

  • In die driehoekige eendagreeks vir A-spanne het Suid-Afrika ‘n bonuspunt-oorwinnig oor Afganistan in Pretoria behaal.

Volgende bepaling:

Atletiek

Die IAAF se wêreldkampioenskap het Vrydag begin. Kom ons loer na die uitslae waar Suid-Afrikaners betrokke was:

Mans 10 000 m-finaal

Mans 100 m-finaal

Mans-verspring

Mans-marathon

In gisteraand se 400 m-halfeind het Suid-Afrika se Wayde van Niekerk weer ‘n oorwinning behaal.

400 m-halfeind

Swem

By die wêreldbeker in Berlyn het Chad le Clos gister ‘n goue medalje asook ‘n silwer gewen. Cameron van der Burgh spog met ‘n silwermedalje.

Tennis

Suid-Afrika se Kevin Anderson het die eindstryd van die ATP Citi-toernooi in Washington gehaal. Hy het egter in die eindstryd vasgeval toe Alexander Zverev hom met 6-4 en 6-4 geklop het.

Moto GP

Die Grand Prix van die Tjeggiese Republiek is gister gejaag. Marc Marques het sy voorsprong na 14 punte gerek.

Gholf

By die Wêreld-gholfkampioenskap se Bridgestone-uitnodigingstoernooi in Ohio het sake só geëindig:

Die Sun City-uitdaging in Suid-Afrika het Saterdag ten einde geloop.

Vroue-gholf

Kom ons loer na die finale voorlopersbord by die Britse Ope.

 

Sokker

Die Gemeenskapstrofee is gister deur Arsenal gewen toe hulle Chelsea in ‘n doeluitskietstryd met 4-1 op Wembley geklop het.c

Vandag se sportnuus

SunCity:

Rugby

  • SA Rugby het die regering bedank dat hy die finansiële waarborge gelewer het om die 2023 Wêreldbekertoernooi moontlik in Suid-Afrika aan te bied. Die omvang van die waarborge beloop R2,7 miljard.
  • Môre is D-dag vir die 2017 Superrugbyreeks wanneer ʼn nuwe kampioen gekroon gaan word. Die afskop in die eindstryd tussen die Lions en Crusaders is om 16:00 op Emirates Airlines Park in Johannesburg. In 1993 het die destydse Transvaal die kroon gedra toe die eindtelling 20-17 was. ʼn Mens wonder of die 20-17 dalk ʼn voorspelling was vir dié jaar, 2017?

Intussen het Johan Ackermann die Lions-span onveranderd gelaat en dieselfde 23-tal behou wat die Hurricanes met 44-29 getroef het. Die Crusaders-span is ook onveranderd gelaat.

Die Lions-span is:

15 Andries Coetzee, 14 Ruan Combrinck, 13 Lionel Mapoe, 12 Harold Vorster, 11 Courtnall Skosan, 10 Elton Jantjies, 9 Ross Cronje, 8 Ruan Ackermann, 7 Kwagga Smith, 6 Jaco Kriel (kaptein), 5 Franco Mostert, 4 Andries Ferreira, 3 Ruan Dreyer, 2 Malcolm Marx, 1 Jacques van Rooyen

Plaasvervangers: 16 Akker van der Merwe, 17 Corne Fourie, 18 Johannes Jonker, 19 Lourens Erasmus, 20 Cyle Brink, 21 Faf de Klerk, 22 Rohan Janse van Rensburg, 23 Sylvian Mahuza

  • Die Springbok-groep van 33 spelers, vir die Rugby-kampioenskap, sal môre ná die eindstryd bekend gemaak word.
  • Curriebeker

Drie wedstryde word dié naweek afgehandel.

  • Intussen is Sonny Bill Williams se appèl teen sy skorsing deur die onafhanklike dissiplinêre paneel van Wêreld Rugby gehandhaaf. Hy sal dus later die maand in Nieu-Seeland se kampioenskap-kragmeting teen Australië in aksie wees.

Krieket

  • Die vierde en laaste toets tussen Engeland en Suid-Afrika begin vandag om 12:00 op Old Trafford in Manchester. Engeland loop met 2-1 voor in dié reeks.
  • Die tweede toets tussen Sri-Lanka en Indië het gister in Colombo begin.

Aan die einde van die dag het Indië 344/3 ná 90 boulbeurte op die telbord gehad. Cheteshwar Pujara met 128 lopies en Ajinkya Rahane met 103 lopies, kolf vandag voort.

  • In die driehoekige eendagreeks vir A-spanne het Suid-Afrika teen Indië in Pretoria gespeel.

SA 266

Indië 267/9 (49,4/50 ov)

Indië wen met een paaltjie met twee balle oor.

Volgende bepalings:

Atletiek

Die IAAF se wêreldkampioenskap begin vandag. In die enigste eindwedloop vandag sal Stephen Mokoka Suid-Afrika in die 10 000 m verteenwoordig. Die 100 meter vir mans se uitdunne vind ook vandag plaas, met die halfeind- en eindwedlope wat môre gehardloop word.

Moto GP

Die Grand Prix van die Tsjeggiese Republiek word Sondag gejaag. Die renjaers is terug op die baan na hulle sogenaamde somer-ruskans. Die punteleer is baie beknop aan die bopunt:

Gholf

By die Wêreldgholfkampioenskap se Bridgestone-uitnodigingstoernooi in Akron, Ohio, staan sake só na die eerste ronde:

Na die tweede ronde van die Sun City-uitdaging in Suid-Afrika staan sake só:

 

Vandag se sportnuus

SunCity:

Krieket

  • Die vierde en laaste toets tussen Engeland en Suid-Afrika begin môre op Old Trafford in Manchester. Die groot vraag is of daar enige veranderinge aan die sukkelende Protea-span gemaak gaan word. Die snelbouler Vernon Philander het gister gesê hy is besig om ‘n “moeilike” week agter hom te sit. Philander herstel van ‘n virusinfeksie wat hom tydens die derde toets gepla het. Engeland loop met 2-1 voor in dié reeks.
  • Die tweede toets tussen Sri-Lanka en Indië begin vandag in Colombo. Indië het die eerste toets gemaklik gewen.
  • In die driehoekige-eendagreeks vir A-spanne speel Suid-Afrika vandag teen Indië in Pretoria. Suid-Afrika het tot dusver al hul wedstryde gewen.

Volgende bepalings:

Atletiek

Alle oë is op Londen gerig waar die IAAF se wêreldkampioenskap môre begin. Usain Bolt sal reeds Saterdag sy 100 m-titel verdedig. Dit sal sy laaste byeenkoms wees voordat hy uitree. In Bolt se loopbaan wat oor 13 jaar strek, het hy 11 wêreldtitels en agt Olimpiese goue medaljes verower. Hy spog ook met die wêreldrekords vir die 100 en 200 meter.

Gholf

  • Die wêreld-gholfkampioenskap se Bridgestone-uitnodigingstoernooi begin vandag in Akron, Ohio. Suid-Afrika se voorste drie spelers sal in aksie wees. Hulle is Branden Grace, Louis Oosthuizen en Charl Schwartzel.
  • In die PGA-reeks val die kollig op die Barracuda-kampioenskap in Reno, Nevada.
  • Ná die eerste ronde van die Sun City-uitdaging in Suid-Afrika staan sake só op die voorlopersbord:

Moto GP

Die Grand Prix van die Tjeggiese Republiek word Sondag gejaag. Die renjaers sal vandag reeds begin met die eerste oefenrondes. Kwalifisering om die wegspringrooster te bepaal sal Saterdag afgehandel word. Daar is tans net tien punte wat die vier voorste renjaers op die punteleer van mekaar skei. Die voorloper,  Marc Marquez, het gister gesê hy sal tervrede wees as hy Sondag onder die topdrie-ryers kan eindig.

Rugby

  • Die Superrugbyreeks se eindstryd tussen die Lions en Crusaders word Saterdag in Johannesburg gespeel.
  • Die Springbok-groep vir die Rugby-kampioenskap sal Saterdagaand na afloop van die eindstryd bekend gemaak word. Dié groep van 33 spelers sal op 8 Augustus saamtrek vir ’n oefenkamp ter voorbereiding vir die eerste wedstryd teen Argentinië, op 19 Augustus.
  • Michael Hooper is as die Aussies se nuwe kaptein aangewys. Hy neem die leisels oor by Stephen Moore.
  • Curriebeker

Die bepalings vir dié naweek se wedstryde is aangepas om nie te oorvleuel met die Super-eindstryd nie.

Netbal

Die voormalige Protea-netbalkaptein, dr .Elsje Jordaan, is as die hoofafrigter van die nasionale span aangestel. Sy sal dié posisie tot in 2019 beklee wanneer die wêreldbeker in Liverpool aangebied word.

Vandag se sportnuus

SunCity:

Atletiek

Span Suid-Afrika het gister in Londen aangekom vir die IAAF se wêreldkampioenskap wat Vrydag begin. Die span sluit sewe houers van nasionale rekords in. Hulle is Akani Simbine (100 m), Wayde van Niekerk (200 m en 400 m), Antonio Alkana (110 m-hekkies), Luvo Manyonga (verspring), Lebogang Shange (20 km-stap), Carina Horn (100 m) en Caster Semenya (800 m).

Olimpiese Spele

Los Angeles het klaarblyklik die aanbod aanvaar om die 2028- Olimpiese Spele aan te bied. Dit sal meebring dat Parys die 2024-Spele huisves. Albei stede het aanvanklik hul oë op die 2024-Spele gehad.

Rugby

  • Die Superrugbyreeks bereik sy klimaks komende naweek met die eindstryd tussen die Lions en Crusaders in Johannesburg. Suid-Afrika se Jaco Peyper sal net soos verlede Saterdag weer in beheer wees van die wedstryd. Marius van der Westhuizen, Glen Jackson en Marius Jonker sal Peyper bystaan. Altesaam 62 000 toeskouers word in ʼn volgepakte stadion verwag.
  • Curriebeker

Die bepalings vir die naweek se wedstryde is aangepas om nie te oorvleuel met die Super-eindstryd nie.

Intussen het die vleuel van die Vrystaat, Ramond Rhule, aangedui dat hy voortaan sy rugby in die Westelike Provinsie gaan speel.

  • PRO14

Die Guinness PRO14-rugbytoernooi is gister bekendgestel en dit beteken dat daar nou somerrugby op plaaslike bodem gespeel gaan word. Die Toyota Cheetahs en die Southern Kings sal aan dié Noordelike Halfrond-kompetisie deelneem. Daar is spanne van Ierland, Skotland en Italië wat nou in Suid-Afrika gaan speel weens tuis- en wegwedstryde. Die 14 spanne is in twee konferensies verdeel. Elke span sal 21 wedstryde tussen September en Mei aanstaande jaar speel.

Gholf

Kom ons loer na die week se toernooie.

  • Die Wêreld Gholfkampioenskap se Bridgestone Uitnodigingstoernooi word van môre af in Akron, Ohio, gespeel.
  • In die PGA-reeks val die kollig op die Barracuda Kampioenskap in Reno, Nevada.
  • In Suid-Afrika slaan die spelers vandag af in die Sun City Uitdaging.

Motorwedrenne

Die aandag verskuif die naweek na Moto GP-aksie. Die Grand Prix van die Tsjeggiese Republiek word Sondag gejaag.

Op die jongste punteleer is Marc Marquez die voorloper.

Krieket

  • Die vierde en laaste toets tussen Engeland en Suid-Afrika begin Vrydag op Old Trafford in Manchester. Engeland loop met 2-1 voor in dié reeks.
  • Die stof wil maar net nie gaan lê in die dispuut tussen Krieket Australië en die spelers nie. Ná gister se onderhandelinge het die Toetskaptein, Steve Smith, herhaal dat daar geen toer na Bangladesj sal wees voordat ʼn ooreenkoms bereik is nie.
  • In die driehoekige eendagreeks vir A-spanne het Indië gister teen Afghanistan in Pretoria gespeel.

Indië 322/5 (50 bb)

Afghanistan 209/9 (50 bb)

Indië wen met 113 lopies.

Volgende bepalings:

Vandag se sportnuus

SunCity:

Krieket

  • Dit was gister die vyfde dag van die derde toets tussen Engeland en Suid-Afrika op die Oval in Londen. Die Proteas het ʼn teiken van 492 lopies gejaag. Dean Elgar en Temba Bavuma het aanvanklik vasgeskop en ʼn vennootskap van 108 lopies opgestapel. Suid-Afrika is uiteindelik almal uit vir 252 lopies. Elgar was voortreflik en het 136 lopies aangeteken van 228 balle. Dit was sy agste honderdtal van sy toetsloopbaan. Engeland loop nou met 2-1 voor in die reeks, met die laaste toets wat Vrydag op Old Trafford in Manchester begin.
  • In die driehoekige-eendagreeks vir A-spanne speel Indië vandag teen Afganistan.

Volgende bepalings:

Rugby

  • Die Superrugbyreeks se eindstryd word komende Saterdag in Johannesburg tussen die Lions en Crusaders gespeel. Die Crusaders het dié titel reeds sewe keer gewen. Alle kaartjies is reeds uitverkoop vir die wedstryd wat Saterdag om 16:00 begin.
  • Intussen het dit bekend geword dat die Springbok en Sharks-losskakel Pat Lambie moontlik in Frankryk gaan rugby speel.

 

  • Curriebeker

Kom ons loer na die jongste punteleer.

Swem

Fina se wêreldkampioenskap het Sondag in Boedapest geëindig. Suid-Afrika kon net twee medaljes inpalm. Die VSA het eerste geëindig.

Medaljelys  

Gholf

Kom ons loer na die jongste wêreldranglys.

Intussen het Rory McIlroy sy joggie JP Fitzgerald afgedank. Hulle was saam toe McIlroy sy vier Majors gewen het en ook die wêreld se no. 1-speler was.

Seniors-reeks

Bernhard Langer het sy derde Britse Ope-titel vir seniors ingepalm. Hy het daarmee die suksesvolste seniors-speler in Majors geword. Langer spog nou met tien Major-titels.

Motorwedrenne

Ná die naweek se Hongaarse Formule Een Grand Prix gaan die spanne vir ʼn paar weke rus. Op die jongste punteleer is Sebastian Vettel nou met 14 punte voor.

Intussen het McLaren aangedui dat hulle in die volgende paar weke sal besluit watter enjin hulle aanstaande seisoen gaan gebruik. Daar is al hoe meer sprake daarvan dat hulle van Honda na Renault gaan skuif.

Sokker

Die 2017-uitgawe van die MTN8-kompetisie sal op Vrydag 11 Augustus afskop. Bidvest Wits sal om 20:00 teen Lamontville Golden Arrows in Johannesburg speel.

Die ander bepalings lyk só:

  • Saterdag 12 Augustus

Cape Town City teen Polokwane City – Kaapstad-stadion (15:00)

Kaizer Chiefs teen SuperSport United – Moses Mabhida-stadion (20:15)

  • Sondag 13 Augustus

Mamelodi Sundowns vs Maritzburg United – Lucas Moripe-stadion (15:00)