Oudminister Danie Steyn, ’n lid van oudpres. P.W. Botha se kabinet, is Saterdag in die ouderdom van 94 jaar in Pretoria oorlede.
“Dit is hartseernuus,” het Pik Botha, ’n jare lange vriend en kollega van Steyn, Sondagmiddag gesê.
P.W. Botha het Steyn, ’n ingenieur, in 1980 as adjunkminister van onderwys en opleiding aangestel, voordat hy minister van mynwese en energie geword het.
Steyn was later minister van ekonomiese sake en tegnologie.
Hy het in 1989 uitgetree toe oudpres. F.W. de Klerk as NP-leier en president by P.W. Botha oorgeneem het.
Pik Botha (nou 85) was minister van buitelandse sake toe hy en Steyn kabinetskollegas was.
“Toe die Hertzogiete (van dr. Albert Hertzog) in 1970 van die Nasionale Party weggebreek het om die Herstigte Nasionale Party (HNP) te stig, was ek ondersekretaris van die departement van buitelandse sake.
“John Vorster (eerste minister) het my toe gevra om die politiek te betree. Willie Marais, wat destyds die kiesafdeling Wonderboom se volksraadslid was, was een van dié wat oorgeloop het HNP toe,” sê Botha.
“In daardie stadium was Danie Steyn voorsitter van die NP in Wonderboom. Vorster het my aan Danie voorgestel.
“Hy (Steyn) het my kandidatuur ondersteun en ek het volksraadslid vir Wonderboom geword.
“Só het ’n baie hegte band en vriendskap tussen ons begin. Danie het self later die politiek betree en ons het kabinetskollegas geword. Hy was ’n baie vriendelike mens. En baie slim met besonderse kennis.
“Noudat ek van sy dood gehoor het, gaan my herinneringe terug na baie krisisse waarin Danie Steyn my onvoorwaardelik gesteun het,” onthou Botha.
“Ek onthou ook sy vrou, Hermana, kon gedigte baie mooi voordra.”
Hennie de Villiers, Steyn se eertydse private sekretaris, het aan News24 gesê Steyn het nadat hy uit die politiek getree het, ’n graad in die teologie verwerf.
Hy het ten nouste met die NG Kerk saamgewerk voordat hy begin het om “die armes en die minderbevoorregtes” te help.
Die oudminister het selfs ’n klein kliniek en biblioteek begin.
Die begrafnisreëlings is nog nie bekend nie.
In die Nuwe Kerkhof in Pretoria-Wes (Rebeccastraat) staan ’n indrukwekkende grafsteen – ’n massiewe rotsblok waarop die veelseggende inskripsie aangebring is: Vat my hande dat ek opstaan vir my volk
Dit is die laaste rusplek van een van Suid-Afrika se bekendste, maar ook een van die mees omstrede krygsmanne, generaal Manie Maritz.
Salomon (Manie) Gerhardus Maritz is op 26 Julie 1876 in Kimberley gebore. Op 19-jarige ouderdom het hy na Johannesburg verhuis; vanweë sy vrywillige diens aan die Republiek met die Jameson-inval is aan hom die burgerregte van die Zuid-Afrikaansche Politie (ZARP) toegeken en met die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog sluit hy hom as manskap by die Boksburg-kommando aan, om veral in Natal diens te doen.
Maritz was ’n kort, bonkige man wat oor buitengewone liggaamskrag beskik het. Sy moed en dryfkrag het hom ’n gedugte teenstander gemaak. Hy het ’n rustelose geaardheid en ’n haastige humeur gehad wat hom baie vyande besorg het, maar sy patriotisme en liefde vir sy volk het deur sy dade gespreek. Op sy sterfbed het sy opregte volksgevoel vir oulaas tot uiting gekom toe hy die woorde op sy grafskrif geprewel het.
In die Anglo-Boereoorlog is Maritz na die vroeë oorlogsmaande na Noordwes-Kaapland gestuur, waar hy as kommandant en later generaal bevel oor die burgers en rebelle uit die distrikte Calvinia en Kenhardt gevoer het. In hierdie tydperk is hy twee keer gewond, maar hy het sodanig herstel dat hy sy soldate selfs nog tot by Darling (21 Oktober 1901) gevoer het.
Toe die vrede op 31 Mei 1902 gesluit is, het Maritz geweier om wapens neer te lê en gaan hy deur Duits-Suidwes-Afrika na Europa. Tog keer hy in 1904 terug, en na ’n kort verblyf in SWA gaan hy na Ventersburg om daar te boer. Hy trou met Emma Francis Nel, en uit die huwelik is twee seuns en twee dogters gebore.
In 1912 sluit hy hom weer by die Polisie aan. Hy beklee die rang van kommandant. In dieselfde jaar bedank hy egter uit die SA Polisie en sluit hom by die nuwe Unie-verdedigingsmag aan, as majoor. Hy bots egter gou met generaal JC Smuts toe hy weier om deel te neem aan die inval teen SWA, en hy rebelleer saam met die meeste van sy manskappe. Toe dit duidelik word dat die rebellie gaan misluk, besluit hy en generaal JCG Kemp aanvanklik ook om oor te gee. Maritz besluit egter later daarteen en gaan weer eens deur SWA na Angola en Portugal, waar hy hom tydelik gevestig het. Nadat hy ook drie jaar lank in Duitsland gewoon het, keer hy teen 1923 na Suid-Afrika terug, waar hy van hoogverraad aangekla en gevangenisstraf van drie jaar opgelê is. In 1924 laat die pasverkose Pakt-regering hom vry.
Generaal Maritz het in sy later jare ’n vurige bewonderaar van die Nasionaal-sosiale leerstellings geword. Benewens toesprake waarin hy veral striemende aanvalle op die Jode gedoen het, het hy ook in sy outobiografie, My lewe en strewe, die aanvalle voortgesit wat hom ’n boete van £75 (R150) op die hals gehaal het, omdat hy die “opsetlike doel” gehad het “om vyandige gevoelens teenoor die Jode” aan te wakker.
In die Tweede Wêreldoorlog het Maritz hom met verskeie buite-parlementêre politieke groepe wat teen die oorlog en die toenmalige regering gekant was, besig gehou. Sy stormagtige loopbaan is deur ’n noodlottige motorongeluk, digby Pretoria op 19 Desember 1940 beëindig toe hy ongeveer ’n uur na die ongeluk aan veelvuldige beserings in die hospitaal oorlede is.
Sy begrafnis, wat op 22 Desember 1940 uit die Pretoriase stadsaal plaasgevind het, het die Afrikanervolk se respek vir hierdie Afrikaner-patriot bevestig. Reeds vroeg op daardie Sondag het dit geblyk dat dit ’n ware volksplegtigheid gaan wees. Sy oorskot het van 11h00 tot 14h00 in staatsie gelê, duisende mense het in lang onafgebroke rye by die kis verbybeweeg. Daar naby is die Rebellievlag gehys. Dominee (later doktor) PSZ Coetzee, van Johannesburg, het die begrafnis gelei, na aanleiding van die teks “Jy sal gemis word want jou plek sal leeg wees”. Na afloop van die diens het die stoet na die kerkhof beweeg tussen duisende mense deur, die laaste ongeveer twee kilometer deur ’n erewag van Ossewa-Brandwag-lede. Vooraan die stoet het ses ruiters met ’n Rebellievlag gery, en agter die lykwa is ’n wit perd, bedek met ’n roukleed, deur twee vroue gelei.
’n Massiewe rotsblok van blou graniet is op sy graf opgerig. Die basis van die buitengewone grafsteen, wat nagenoeg 3½ m hoog is, is ongeveer 6 m in omtrek. Amper 1 m van onder af is ’n gedeelte gelyk gemaak, waarop die ingrypende inskripsie (sy laaste woorde) gegraveer is. Daarby verskyn ook die volgende woorde: Genl. Manie Salomon Gerhardus Maritz 1876–1940.
In sy rede by die begrafnis het dominee SJ Stander, indertyd van Hartbeesfontein gesê: “Ons groot manne lei die volk op die pad van Suid-Afrika, daarom sterf hulle in riviere en op die pad.”
Vat my hande dat ek opstaan vir my volk – inskrupsie van ‘n indrukwekkende grafsteen in Pretoria-Wes
Die “wêreld se oudste persoon” is op Saterdag 10 Junie in Pretoria begrawe nadat sy verlede week in die ouderdom van 134 oorlede is.
Volgens die Gautengse departement van maatskaplike ontwikkeling het dié bejaardevrou, Johanna Rametsi, van Hammanskraal in die verre noorde van die stad, die oudste persoon in die wêreld geword nadat die Indonesiër Saparman Sodimejo in April vanjaar in die ouderdom van 146 oorlede is.
“Gogo Rametsi is op 1 Januarie 1883 in Krugersdorp aan die Wes-Rand gebore. Sy word oorleef deur twee van haar 16 kinders – haar dogters Wilhelmina Phiri (97) en Ouma Thema (79). Sy het 78 kleinkinders en 247 agterkleinkinders,” het die departement gesê.
Die departement was aan die stuur van gemeenskapsinisiatiewe om vir Rametsi ʼn waardige begrafnis te reël.
Die begrafnisdiens het om Saterdag 08:00 plaasgevind in Stinkwater, Hammanskraal, in die gemeenskapsaal langs Maratola Primary School.
A project to roll out free Wi-Fi in Pretoria is back on track, despite the Auditor General having raised concerns about it under the previous administration, a city official said on Thursday.
“While this city government may not have conceived of free Wi-Fi, our aim is to perfect it,” mayoral committee member for corporate services, Cilliers Brink, told reporters in Centurion.
The Auditor General red-flagged R180m that had been spent on the project as unlawful and irregular expenditure, Democratic Alliance mayor Solly Msimanga said after his first 100 days in office.
During a meeting with the AG in May, it emerged that the project, called “TshWi-Fi”, was being paid for with grant funding meant for non-profit organisations and charities. The non-profit company linked to the deal was called Project Isizwe.
The city spent months negotiating with Project Isizwe, under extremely difficult circumstances for both parties, Brink said.
Amended contract
The outcome was that the contract had been amended to ensure the quality and the reach of the current free Wi-Fi was maintained. The agreement would run until December 2017.
“With the short-term of free Wi-Fi secured, the ingenuity of the private sector now becomes crucial to securing the service in the long-term.”
Pretoria would not be able to sustain full subsidy of free Wi-Fi indefinitely, or to fund the expansion of the network on its own. It would need commercial investment and partnerships.
In the 2017/18 financial year, the city had budgeted R88.5m for the provision of free Wi-Fi. It was crucial that this money be spent wisely and that the mistakes of the last administration, which endangered the project, were avoided, he said.
The previous African National Congress-led city government under Mayor Kgosientso Ramokgopa initiated TshWi-Fi.
Brink said the cost of rolling out the project until June 2016 had been R320m. Expenditure for 2016/17 to date was R78m.
“Free Wi-Fi is about individual opportunity and potential. It gives ordinary people a small hand-up to get ahead in life.”
Olympus Manor is located in Pretoria, 2.1 km from Pretoria Boardwalk and 2.6 km from Diep-in-die-Berg Function & Conference Venue. The guesthouse has an outdoor pool, year-round outdoor pool and seasonal outdoor pool, and guests can enjoy a meal at the restaurant or a drink at the bar. Free private parking is available on site.
The rooms have a flat-screen TV with cable channels. Some accommodations have a sitting area to relax in after a busy day. Certain rooms feature views of the pool or garden. All rooms are equipped with a private bathroom equipped with a bathtub or shower. Extras include free toiletries and a hairdryer.
There is a shared lounge at the property.
Diep-in-die-Berg Conference Venue is 2.6 km from Olympus Manor, and Woodhill Shopping Centre is 2.6 km from the property. The nearest airport is O.R. Tambo International Airport, 38.6 km from the property.
Home robbery and housebreaking are among the most frightening and dangerous crimes to experience. It is frightening because it violates our private space and the one place that we think of as our sanctuary.
According to the latest report released by Statistics South Africa, Exploring the extent of and circumstances surrounding housebreaking/burglary and home robbery, the general crime rate in terms of the proportion of households that experience crime has been declining during the last five years.
This reality, however, has not quelled the growing perception that crime is on the increase in South Africa, the stats body said.
Over 50% of all crimes experienced by households in South Africa in 2015/16 were housebreaking. Home robbery (11.9%) was the second most common type of crime experienced by South African households.
Whites had the highest rates of victimisation compared to other groups both in 2011 and 2015/16.
However, whites experienced the sharpest decline of household related crimes during the five years, from 17% to 12% of households.
“Home robbery” is regarded as a violent crime because people are at home when it takes place, as compared to “housebreaking” (burglary), which occurs when the family is away from home. Home robbery fuels fear in communities, because it puts people at risk of personal injury and emotional trauma in their homes, where they should feel safest.
Housebreaking and home robbery peaked during the months of March and June in both 2014/15 and 2015/16.
The months during which these crimes were least likely to occur were January, May and November. As found in previous Victims of Crime Surveys, night-time is still the most preferred time for crime incidents, StatsSA said.
Knowing the low and high periods of the year for crime activity and times of the day when crime is likely to happen may be useful in planning security strategies for households, and
for planning deployment of resources on the part of the police, StatsSA said.
Respondents who experienced housebreaking and those who experienced home robbery were asked about the time that the crime took place–whether it was in the morning, afternoon or at night.
The option “Don’t know” was also given to the respondents in case they did not know the time when the crime incident happened.
Electrical equipment were the most targeted items during both housebreakings and home robberies. Jewellery, money and cellphones were the second most common items stolen after electrical equipment during both housebreakings and home robberies.
According to the report, the rate of reporting home robberies to the police was significantly higher than that of housebreaking; possibly because home robbery tends to be accompanied with violence.
However, the rates for the arrest of the alleged offenders in housebreakings
and home robberies are not significantly different –both stand at just over 18%.
The conviction rate among those arrested was 14.3% for housebreaking and 22% for home robbery. Among those arrested for housebreaking, the case was still on going in 9.2% of the cases for housebreaking and 14.8% of the cases for home robbery.
An arrest is made in only one out of every five reported cases of housebreaking or home robbery. Only one in five people arrested for housebreaking was convicted, and one in three people arrested for home robbery was convicted.
Meeste mense steun swaar op hul elektriese heinings vir veiligheid en vertrou dit blindelings as ‘n “ondeurdringbare” linie, en met reg ook so. Maar hierdie spesifieke item is telkemale, weens verskeie faktore ter sprake, nie aangewese om goeie beskerming te bied teen huisbewoners nie! Mense moet hulle dus nie blindstaar teen ‘n elektriese heining vir “totale” beskerming nie en dit net in samewerking met ander items inspan as toegangsbeheermiddel teen betreders en inbrekers. Hier is ‘n paar redes daarvoor en wenke daaromtrent:
Elektriese heinings is ‘n taamlike duur item om aan te skaf (en ook in stand te hou)
Elektriese heinings verg baie instandhouding en sorg, veral as dit aanvanklik swak ge-installeer is. Bossies, takke en blare wat daarmee kontak maak, affekteer die werking daarvan negatief
Hierdie goed word meestal ondergeskik ge-installeer deur onbevoegde werkers met min Tegniese kennis, ondervinding of opleiding tot hul beskikking
Dieselfde met ‘doen-dit-self’ stelsels: Heel goeie produkte, maar die installasie deur Jan-Alleman met talle foute in, laat dit gevolglik oop vir eindelose wanwerkings/falings en/of maklike sabotasie of oorkom-taktieke deur kriminele
Maklike oorkom-tegnieke, sluit in rubbermatjies of komberse, en ook die oorskuif van rubber- of plastiek tuinslang om die kontakalarm te omseil en oor te klim. Ook tou en selfs skoenveters om parte in die stelsel af te trek of af te buig en openinge te laat waardeur/waaroor hulle dan klim
Swak installasies lei tot talle probleme en vals alarms en eienaars raak naderhand moeg daarvoor en skakel die hele ding af!
Beurtkrag dreineer die battery/e en beskadig dit sodoende (‘deep-cycling’) waarvoor dit nie ontwerp is nie. Foutiewe batterye lei tot probleme, vals alarms en eindelose “fout”-kondisies op die paneel/sleutelbord
Dit raak nou algemeen (en hoog-mode) binne “Sekuriteitskomplekse” dat die hekwagte/nagwagte die Sirene van heinings afskakel/isoleer sodat hul kriminele vriende kan oorklim en misdaad, gewoonlik gewapende rooftogte, kan pleeg!
Gebruik maatskappye met bewese getuigskrifte en personeel met goeie, praktiese ondervinding, om jou installasie vir jou te doen. Onthou: Groot Maatskappye met “flashy” advertensies is nie noodwendig die beste/regte ene nie!
Elektriese heinings moet ALMAL aan een of ander alarm-sirene gekoppel word om huisbewoners onmiddelik te waarsku! Geen uitsonderings is aanvaarbaar nie! Ideale stelsels is waar dit ook aan jou Reaksiemaatskappy geskakel word, of selfs ‘n SMS-Kommunikator eenheid wat jou vroegtydige waarskuwing kan gee wanneer jy uitstedig is
Gebruik ALTYD jou elektriese heining in samewerking met goed soos lemmetjiesdraad, buite-beams en CCTV-kameras
Hou areas onder die heining skoon van gras/bossies (sien foto) en enige nabygeleë struike/bome gereeld gesnoei om enige “aard”-foute, alarms en/of skade aan die stelsel te vermy
Inspekteer stelsels weekliks vir algemene foute/probleme en ondersoek diesulke heinings deeglik op ‘n 3-maandelikse grondslag vir los hegstukke (“brackets”), stukkende isolators, drade wat begin slap hang, gekorrodeerde of los elektriese konnektors, enige moontlike aardfoute, reën, stof en insekskade, effektiewe batterywerking, ens, ens, ens…
Opsomming: Elektriese heinings is uiters nodig in die stryd teen misdaad, maar moet reg ge-installeer en ook goed onderhou word om hoogs effektief te kan werk. Ongelukkig is dit ‘n taamlike aanvanklike uitgawe, en het ook maandelikse kostes, maar kan en sal genoegsame beskerming verleen indien dit aan bostaande vereistes voldoen.
AfriForum was vandag weer in die Pretoriase hooggeregshof na aanleiding van hul PAIA-aansoek in terme van die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting, 2000 (wetno. 2 van 2000) waarin hulle versoek dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) vuurwapensyfers bekend maak.
Dit is syfers oor hoeveel staatsgeregistreerde vuurwapens ingevolge die polisie se bateregister tussen 2009 en 2014 deur hulle verloor of by hulle gesteel en teruggevind is, asook dieselfde syfers ten opsigte van die sentrale vuurwapenregister.
AfriForum het uiteindelik ’n hofbevel teen die SAPD gekry, wat behels dat die aansoek na die polisie terugverwys word en hulle binne 60 dae die bogemelde inligting aan die burgerregte-organisasie bekend moet maak. Andersins moet wesenlike redes verskaf word waarom hulle dit nie kan doen nie. Die SAPD se advokaat moes egter eers onder regter Hennie de Vos se tong deurloop.
De Vos het die SAPD se advokaat geroskam onder meer omdat hy onvoorbereid was en nóg die staatsprokureur nóg ’n verteenwoordiger van die polisie in die hof teenwoordig was.
De Vos het ook aan die SAPD se advokaat gesê dat die reg en hofreëls van toepassing is op almal, of hulle vir die staat werk of nie en dat die hof nie daar is om speletjies te speel nie.
Hy was ook van mening dat die hele saak van die begin af ’n gemors is nadat die staat aanvanklik weer eens vir uitstel gevra het en nie die regte hofdokumente geliasseer het nie.
De Vos het ook aangevoer dat die instelling van die staatsprokureur die oudste prokureursfirma in die land is en gevra of daar geen kundigheid daar is nie. Dit lyk volgens hom asof niemand meer omgee wat aangaan nie.
Volgens Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, is dit ’n groot oorwinning vir AfriForum. Hein Gonzales, regs- en risikoadviseur vir gemeenskapsveiligheid by AfriForum, gaan die burgerregte-organisasie met hierdie syfers die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (OPOD) versoek om ondersoek in te stel na die polisie se nalatige verlies van vuurwapens.
Die Universiteit van Pretoria (UP) het gister aangekondig dat vanjaar se serrie-kompetisie gekanselleer is nadat ʼn storm Dinsdag op sosiale media losgebars het oor die inhoud van plakkate wat manstudente tydens dié kompetisie se uitdunrondtes opgehou het.
Foto’s van dié manstudente se plakkate is deur Fezekile Msimang, ʼn fotograaf vir UP se studentekoerant, Perdeby, geneem en op sy Facebook-blad gedeel. Op van die plakkate wat die mans vasgehou het, het daar gestaan: “Kan ek ’n baba in jou sit?” en “Spoeg of sluk”.
Luidens mediaberigte het Henrico Barnard, voorsitter van UP se tydelike studenteraad, gesê hoewel dit tradisie vir studente is om boodskappe op plakkate vir mekaar te skryf tydens dié kompetisie, het sekere studente dit vanjaar té ver gevat. Barnard sê ook die tydelike studenteraad keur die voorval ten sterkste af en wil hê die universiteit moet dit ondersoek.
Die voorval het plaasgevind te midde ʼn week-lange protesaksie waartydens vrouestudente van die UP op die Hatfield-kampus bymekaargekom het om teen verkragting te betoog. Hulle het plakkate teen vrouemishandeling en verkragting gedra en ook rooigeverfde vroueonderklere op lyne in UP se studentesentrum opgehang.
“UP se reputasie is belangriker as om verkragters te hanteer,” lui een plakkaat.
Volgens die burgerregte-jeugorganisasie AfriForum Jeug is die organisasie sterk gekant teen die krasheid van die plakkate, maar hul meen dat daar eerder reëls in plek gesit moet word om die omstrede optrede van ’n paar individue te voorkom, as om die hele serrie-tradisie te skrap.
Volgens Jaco Grobbelaar, Tuks-koördineerder vir AfriForum Jeug, benadeel die besluit om serrie af te skaf dié studente wat hard geoefen het om deel te neem aan ’n opbouende studentetradisie in plaas daarvan om op te tree teen enkele individue wat hulself nie kan gedra nie.
Volgens Renier Goosen, Afriforum Jeug se Tuks tak-voorsitter, voel studente ook dat die universiteitbestuur slegs gehoor gee aan politieke grille, maar nie ag gee aan dié studente wie geraak word deur die besluite wat hulle neem nie. “Volgens die inligting wat ons het, was die studente wat gekla het oor die onvanpasde plakkate se doel nie dat serrie afgeskaf word nie, maar dat daar teen die skuldige individue opgetree moet word.”
Perdeby het berig dat ʼn welstand-HK van Boekenhout manskoshuis by UP ook van mening is dat die UP serrie gekanselleer het om ʼn vinnige oplossing te bied, eerder as om die werklike probleem aan te spreek.
Hy meen die UP neem nie studente in ag tydens hul besluitnemingsprosesse nie. “Die UP is nie bereid om te sit en studente te betrek wanneer hulle koshuiskultuur of studente kwessies aanpak nie. Niks gaan verander totdat hulle nie ʼn lewendige diskoers met studente begin om hulle besluitneming te verduidelik nie.”
Die UP het in ʼn verklaring op Facebook gesê dat hul TuksRes se sub-komitte se besluit om serrie te kanselleer verwelkom. UP meen dit sal ʼn duidelike boodskap stuur dat die universiteit nie neerhalende en aanstootlike optrede teen vroue duld nie.
Talle studente het hul ontevredenheid oor dié afskaffing op sosiale media uitgespreek en ’n petisie daarteen opgestel.
Gaan na https://www.petitions24.com/bring_back_serrie om jou stem hieroor te laat hoor.
Die grensmure, omheining en hekke rondom ʼn huis bied ʼn versperring teen ongewenste besoekers en inbrake. Hieronder is ʼn paar doeltreffende wenke om jou huis se versperrings na te gaan en in stand te hou.
Ondersoek die omheining
Spuit die aluminiumheining elke jaar af en vee dit skoon af met ʼn lap.
Laat enige swak of stukkende plekke in die heining herstel, want dit is ʼn sagte teiken vir indringers.
Heinings en hekke is ook die ideale habitat vir bye en perdebye om nes te maak. Termiete vernietig houtheinings, maak dit moeilik om heinings te herstel en hou ʼn bedreiging vir ʼn huis in. Kry professionele hulp om alle swerms en neste uit heinings en hekke te verwyder. Wend insekdoder op die grond onder die heining aan om infestering te voorkom.
Ondersoek die mure
Soek sagte plekke in die mure. Dit kan die gevolg van waterlekplekke of vogtigheid wees en kan die mure laat bars. Kry professionele advies as dit lyk of daar waterskade in die mure kan wees.
Kyk of mure oorhel – dit kan op gevaarlike strukturele gebreke dui. Ontbrekende dagha en stene kan ook ʼn aanduiding van strukturele gebreke wees. Kry professionele hulp om sulke gebreke te herstel.
Plakpapier en verf wat afdop, kan die pleister van ʼn muur beskadig. Vervang die plakpapier of verf die muur weer om seker te maak die pleister bly in ʼn goeie toestand.
Ondersoek die hekke
Maak seker dat alle sluittoestelle aan die hek behoorlik werk en dat daar nie daarmee gepeuter is nie. Moenie toegang tot hierdie hekke verleen aan enigiemand wat dit nie regtig nodig het nie.
Maak seker die skarniere aan die hekke is behoorlik geolie en in goeie werkende toestand.
Maak seker daar is geen obstruksies wat voorkom dat die hek oop- of toemaak nie.
Ondersoek elektriese heinings
Oppas vir bome of ander plante wat aan die elektriese heining raak. Indringers kan dit gebruik om oor die heining te klim.
Ondersoek die heining vir swak of stukkende plekke en vir enige soort toestel aan die heining wat jy nie voorheen daar gesien het nie.
Toets die funksionering en aktivering van die alarm elke maand.
Maak seker die heining het die korrekte elektriese spanning en werk soos dit hoort. As daar nie ʼn elektriese stroom is nie, is dit maklik om deur die elektriese heining te kom.
ʼn Instandhoudingsplan vir ʼn elektriese heining is redelik bekostigbaar en sal verseker dat die heining in goeie werkende toestand is. Professionele persone sal elke jaar sorg vir instandhouding, herstelwerk en toetsing van die heining.
Voldoening van elektriese heinings
Enige nuwe, opgegradeerde of herstelde elektriese heining en enige instandhouding en herstel van bestaande elektriese heinings moet voldoen aan die nuwe wetgewing oor elektriese heinings wat op 1 Oktober 2012 in werking getree het.
Dit moet gesertifiseer word met ʼn Electric Fence System Certificate of Compliance (EFC). Dit is soortgelyk aan die Electrical Certificate of Compliance (ECOC) wat die veiligheid van elektriese installasies in huise verifieer.
Vir alle eiendomme wat na 1 Oktober 2012 oorgedra word en met ʼn elektriese grensveiligheidsheining omhein is, moet ʼn EFC en ’n toetssertifikaat wat hoogstens twee jaar oud is, verskaf word.
ʼn EFC moet uitgereik word deur ʼn geakkrediteerde elektrisiën wat by die Departement van Arbeid geregistreer is.
Bestaande stelsels, sonder ʼn EFC, moet herinspekteer en opgegradeer word as dit nie aan die vereistes voldoen nie, of anders moet dit verwyder word.